Uit en tuis: ’n e-pos uit Oostenryk

25/03/2025
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Uit en tuis: ’n e-pos uit Oostenryk

Uit en tuis is ’n rubriek waarin ons gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het, maar weer terug is in Suid-Afrika. Ons hoor graag van enigeen wat hul belewenisse met ons wil deel.

Vandeesweek gesels ons met Louise Gulbis wat in Oostenryk woon.

Hallo, Louise! Van waar in Suid-Afrika is julle oorspronklik, en hoekom het julle besluit om in Oostenryk te gaan woon? Vertel ons ook meer oor jou gesin.

Ek kom uit Somerset-Wes, maar het grootgeword in die Vaaldriehoek. Ons het besluit om in Oostenryk te kom woon omdat my man naby sy familie wou wees – sy ouers kom van Pole en sy broer woon hier. Ons het ook gesoek na ’n veiliger omgewing en meer geleenthede vir ons kinders.

Ek is Afrikaans, my man is Pools, maar gebore in Suid-Afrika. Ons het drie kinders, en hul huistaal is Engels. My man is ’n data-ingenieur en ek is ’n huismamma.

Het julle kultuurskok ervaar toe julle in Oostenryk aangekom het? Enige wenke hoe julle dit oorkom het?
Ja, die kultuurskok was moeilik en ek het nie besef hoe uitdagend dit sou wees nie. Ons woon al een jaar en drie maande in Oostenryk en dit is steeds ’n proses om aan te pas. Ons het besef dat ons nie aan alles hoef deel te neem nie, veral tradisies wat nie ooreenstem met ons waardes nie. My wenk is om geduldig met jouself te wees.

Hoe het jy die emigrasieproses na Oostenryk ervaar en wat is die een ding wat niemand jou ooit vertel het oor emigrasie nie?
Die proses was relatief maklik omdat my man ’n Europese burger is. Die papierwerk het net lank geneem. Ek het nie besef hoe emosioneel dit sou wees om ’n nuwe lewe te begin nie. Die rou, vir alles wat jy geken het.

Hoe oud is jou kinders en hoe het hulle in die nuwe land aangepas?
My kinders is 15, 11 en 7. Dit was baie moeilik vir hulle om aan te pas. Almal sê kinders is veerkragtig en pas maklik aan; dit was nie ons ondervinding nie. My jongste (7) het dit veral moeilik gehad. Die taalverskille was en is ’n groot struikelblok. Ook om almal en alles wat hulle geken het agter te laat, is baie moeilik vir hulle en ons. Sy huil dikwels – sy mis haar maats en sukkel om nuwe maats te maak. Ek vind sy het sosiaal heeltemal onttrek, al drie my kinders het. My middelste seun (11) pas die maklikste van almal aan, seker maar omdat hy nog altyd ’n introvert was. Hy verlang net na Suid-Afrika se skoolsport en kompetisies vir topvyf. Maar hy sukkel ook nog om maats te maak. My oudste (15) het gelukkig ’n maat gemaak, maar hy het ook onttrek en is nie meer die geselserige kind wat hy was nie. Ek voel gereeld dat ek hulle ’n onreg aangedoen het deur hulle uit hul tuisland te neem, omdat hulle nog so hartseer daaroor is. Ons het baie om voor dankbaar te wees, ek dink hulle voel maar net partykeer alleen.

Hoe verskil die skoolstelsel in Oostenryk van dié in Suid-Afrika?
Die onderwys is meer ontspanne, met minder druk op eksamens. Kinders gaan in gewone klere skool toe en daar is ekstra klasse om Duits te leer. Maar daar is nie hope sport- en kultuuraktiwiteite wat deur die skole aangebied word nie. Ons mis die sport, trots en gees wat in Suid-Afrikaanse skole is as dit kom by sportdae en konserte.

Hoe verloop ’n tipiese dag in Oostenryk? Is die lewe rustiger daar en het jy meer tyd om te ontspan/reis?
Ek is ’n huismamma. My dag bestaan uit huiswerk en ekstra lesse vir my kinders. Dit is baie rustiger hier, en ek het definitief meer tyd. Ons gaan stap gereeld in die woud. Somervakansie is ’n aanpassing, maar dit is baie lekker want dan is die kinders by die huis vir die hele somer en ons gaan swem gereeld in die mere en ry rond. In die winter is dit baie moeite om uit te gaan as gevolg van die sneeu, maar ons het ’n lekker bultjie by ons huis waar ons kan bobslee-ry.

Hoe gereeld sien julle mekaar?
Ek het nog nie my familie gesien nie, maar ek sal hulle seker elke twee jaar sien, wat moeilik is. Ek sal graag meer kontak met hulle wou hê.

Bestuur van motors en bestuurderslisensies – hoe verskil dit van Suid-Afrika?
Ons het ons Suid-Afrikaanse lisensie omgeskakel. Dit was relatief maklik behalwe vir die taal. Ons het vir ’n jaar nie ’n motor gehad nie, en het busse gebruik. Dit was uitdagend aangesien die busse nie gereeld oor naweke ry nie en glad nie op Sondae ry nie. Ons het in Desember ’n motor gekoop, wat die lewe makliker maak. Die paaie is klein en smal. Dit is nogal iets om aan gewoond te raak.

Hoe vergelyk die lewenskoste en verblyfopsies in Oostenryk met die van Suid-Afrika?
Lewenskoste in Oostenryk is hoër, veral kruideniersware, huur en huiskoop sowel as openbare vervoer. Skole is egter gratis.

Is daar enigiets anders wat jy met ons wil deel?
Hier is ’n gediggie wat ek ’n ruk terug geskryf het. Dit het my gehelp om die trek te verwerk.

By die voet van die Heldeberg

In die omhelsing van die berg, het ek rus gevind,

’n Stille metgesel deur onvertelde beproewings.

Sy trotse vorm, ’n getroue getuie,

Vir elke vreugde en hartseer wat my hart kon hou.

Met elke dageraad het dit my met ope arms gegroet,

’n Toevlugsoord waar my siel vrede gevind het.

Deur fluisterende winde en rotsagtige bekoringe,

Het dit geluister, terwyl ek elke smart uitstort.

In sy rotsagtige hange het ek veerkragtigheid gevind,

’n Weerspieëling van my eie reis se klim.

Deur die toorn van die vuur of die skittering van die winter,

Het dit verhale van volharding gefluister,

Bewaarder van my diepste geheime,

Jou bergpieke weergalm die verhaal van my jare.

In jou skaduwee slaap my herinneringe,

En my verlangehart stort stille trane.

Al hou kilometers ons nou uitmekaar,

Bly jou essensie in my siel.

Want jy is meer as klip en kunswerk,

Jy is die bewaarder van die deel

van my wat ek heel agtergelaat het.

Terwyl seisoene verander en tyd voort mars,

Weet dat jou teenwoordigheid nog steeds bly

Want in my hart, word jy vir ewig aangetrek.

Lees ook: Uit en tuis: ’n e-pos uit Zambië

Woon jy in die buiteland, of het jy dalk onlangs teruggekeer uit die buiteland? Jy kan ook vir ons ’n Uit en tuis-rubriek skryf. Stuur ’n e-pos na wereldwyd@afriforum.co.za en ons stuur vir jou vrae om te beantwoord.

Deel op

Wat is tans die grootste uitdagings om in die buiteland te woon en/of te werk?
Naam en van
+27(Suid-Afrika)
+93 (Afghanistan)
+355 (Albanië)
+213 (Algerië)
+376 (Andorra)
+244 (Angola)
+-267 (Antigua en Barbuda)
+54 (Argentinië)
+374 (Armenië)
+61 (Australië)
+43 (Oostenryk)
+994 (Azerbeidjan)
+-241 (Bahama-eilande)
+973 (Bahrein)
+880 (Bangladesh)
+-245 (Barbados)
+375 (Wit-Rusland)
+32 (België)
+501 (Belize)
+229 (Benin)
+975 (Bhutan)
+591 (Bolivia)
+387 (Bosnië en Herzegovina)
+267 (Botswana)
+55 (Brasilië)
+673 (Brunei)
+359 (Bulgarye)
+226 (Burkina Faso)
+257 (Burundi)
+238 (Kaap Verde)
+855 (Kambodja)
+237 (Kameroen)
+1 (Kanada)
+236 (Sentraal-Afrikaanse Republiek)
+235 (Tsjad)
+56 (Chili)
+86 (China)
+57 (Colombia)
+269 (Komore)
+243 (Demokratiese Republiek Kongo)
+242 (Republiek Kongo)
+506 (Costa Rica)
+385 (Kroasië)
+53 (Kuba)
+357 (Ciprus)
+420 (Tsjeggië)
+45 (Denemarke)
+253 (Djiboeti)
+-766 (Dominica)
+-808 (Dominikaanse Republiek)
+593 (Ecuador)
+20 (Egipte)
+503 (El Salvador)
+240 (Äquatoriaal-Guinee)
+291 (Eritrea)
+372 (Estland)
+268 (Eswatini)
+251 (Ethiopië)
+679 (Fidzi)
+358 (Finland)
+33 (Frankryk)
+241 (Gabon)
+220 (Gambië)
+995 (Georgië)
+49 (Duitsland)
+233 (Ghana)
+30 (Griekeland)
+-472 (Grenada)
+502 (Guatemala)
+224 (Guinee)
+245 (Guinee-Bissau)
+592 (Guyana)
+509 (Haïti)
+504 (Honduras)
+36 (Hongarye)
+354 (Ysland)
+91 (Indië)
+62 (Indonesië)
+98 (Iran)
+964 (Irak)
+353 (Ierland)
+972 (Israel)
+39 (Italië)
+-875 (Jamaika)
+81 (Japan)
+962 (Jordanië)
+7 (Kasakstan)
+254 (Kenia)
+686 (Kiribati)
+850 (Noord-Korea)
+82 (Suid-Korea)
+383 (Kosovo)
+965 (Koeweit)
+996 (Kirgisië)
+856 (Laos)
+371 (Letland)
+961 (Libanon)
+266 (Lesotho)
+231 (Liberia)
+218 (Libië)
+423 (Liechtenstein)
+370 (Litauen)
+352 (Luxemburg)
+261 (Madagaskar)
+265 (Malawi)
+60 (Maleisië)
+960 (Maledive)
+223 (Mali)
+356 (Malta)
+692 (Marshall-eilande)
+222 (Mauritanië)
+230 (Mauritius)
+52 (Mexiko)
+691 (Mikronesië)
+373 (Moldowa)
+377 (Monaco)
+976 (Mongolië)
+382 (Montenegro)
+212 (Marokko)
+258 (Mosambiek)
+95 (Mianmar)
+264 (Namibië)
+674 (Nauru)
+977 (Nepal)
+31 (Nederland)
+64 (Nieu-Seeland)
+505 (Nicaragua)
+227 (Niger)
+234 (Nigerië)
+389 (Noord-Masedonië)
+47 (Noorweë)
+968 (Oman)
+92 (Pakistan)
+680 (Palau)
+507 (Panama)
+675 (Papoea-Nieu-Guinee)
+595 (Paraguay)
+51 (Peru)
+63 (Filipyne)
+48 (Pole)
+351 (Portugal)
+974 (Katar)
+40 (Roemenië)
+7 (Rusland)
+250 (Rwanda)
+-868 (Saint Kitts en Nevis)
+-757 (Saint Lucia)
+-783 (Saint Vincent en die Grenadine)
+685 (Samoa)
+378 (San Marino)
+239 (Sao Tomé en Principe)
+966 (Saoedi-Arabië)
+221 (Senegal)
+381 (Serwië)
+248 (Seychelle)
+232 (Sierra Leone)
+65 (Singapoer)
+421 (Slowakye)
+386 (Slovenië)
+677 (Salomonseilande)
+252 (Somalië)
+27 (Suid-Afrika)
+211 (Suid-Sudan)
+34 (Spanje)
+94 (Sri Lanka)
+249 (Soedan)
+597 (Suriname)
+46 (Swede)
+41 (Switserland)
+963 (Sirië)
+886 (Taiwan)
+992 (Tadjikistan)
+255 (Tanzanië)
+66 (Thailand)
+670 (Timor-Leste)
+228 (Togo)
+676 (Tonga)
+-867 (Trinidad en Tobago)
+216 (Tunisië)
+90 (Turkye)
+993 (Turkmenistan)
+688 (Tuvalu)
+256 (Oeganda)
+380 (Oekraïne)
+971 (Verenigde Arabiese Emirate)
+44 (Verenigde Koninkryk)
+1 (Verenigde State)
+598 (Uruguay)
+998 (Oesbekistan)
+678 (Vanuatu)
+379 (Vatikaanstad)
+58 (Venezuela)
+84 (Viëtnam)
+967 (Jemen)
+260 (Zambië)
+263 (Zimbabwe)
(Suid-Afrika)
Afghanistan
Albanië
Algerië
Andorra
Angola
Antigua en Barbuda
Argentinië
Armenië
Australië
Oostenryk
Azerbeidjan
Bahama-eilande
Bahrein
Bangladesh
Barbados
Wit-Rusland
België
Belize
Benin
Bhutan
Bolivia
Bosnië en Herzegovina
Botswana
Brasilië
Brunei
Bulgarye
Burkina Faso
Burundi
Kaap Verde
Kambodja
Kameroen
Kanada
Sentraal-Afrikaanse Republiek
Tsjad
Chili
China
Colombia
Komore
Demokratiese Republiek Kongo
Republiek Kongo
Costa Rica
Kroasië
Kuba
Ciprus
Tsjeggië
Denemarke
Djiboeti
Dominica
Dominikaanse Republiek
Ecuador
Egipte
El Salvador
Äquatoriaal-Guinee
Eritrea
Estland
Eswatini
Ethiopië
Fidzi
Finland
Frankryk
Gabon
Gambië
Georgië
Duitsland
Ghana
Griekeland
Grenada
Guatemala
Guinee
Guinee-Bissau
Guyana
Haïti
Honduras
Hongarye
Ysland
Indië
Indonesië
Iran
Irak
Ierland
Israel
Italië
Jamaika
Japan
Jordanië
Kasakstan
Kenia
Kiribati
Noord-Korea
Suid-Korea
Kosovo
Koeweit
Kirgisië
Laos
Letland
Libanon
Lesotho
Liberia
Libië
Liechtenstein
Litauen
Luxemburg
Madagaskar
Malawi
Maleisië
Maledive
Mali
Malta
Marshall-eilande
Mauritanië
Mauritius
Mexiko
Mikronesië
Moldowa
Monaco
Mongolië
Montenegro
Marokko
Mosambiek
Mianmar
Namibië
Nauru
Nepal
Nederland
Nieu-Seeland
Nicaragua
Niger
Nigerië
Noord-Masedonië
Noorweë
Oman
Pakistan
Palau
Panama
Papoea-Nieu-Guinee
Paraguay
Peru
Filipyne
Pole
Portugal
Katar
Roemenië
Rusland
Rwanda
Saint Kitts en Nevis
Saint Lucia
Saint Vincent en die Grenadine
Samoa
San Marino
Sao Tomé en Principe
Saoedi-Arabië
Senegal
Serwië
Seychelle
Sierra Leone
Singapoer
Slowakye
Slovenië
Salomonseilande
Somalië
Suid-Afrika
Suid-Sudan
Spanje
Sri Lanka
Soedan
Suriname
Swede
Switserland
Sirië
Taiwan
Tadjikistan
Tanzanië
Thailand
Timor-Leste
Togo
Tonga
Trinidad en Tobago
Tunisië
Turkye
Turkmenistan
Tuvalu
Oeganda
Oekraïne
Verenigde Arabiese Emirate
Verenigde Koninkryk
Verenigde State
Uruguay
Oesbekistan
Vanuatu
Vatikaanstad
Venezuela
Viëtnam
Jemen
Zambië
Zimbabwe
This field is hidden when viewing the form
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels