Uit en tuis: ’n e-pos uit Portugal

26/03/2025
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Uit en tuis: ’n e-pos uit Portugal

Uit en tuis is ’n rubriek waarin ons gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het, maar weer terug is in Suid-Afrika. Ons hoor graag van enigeen wat hul belewenisse met ons wil deel.

Vandeesweek gesels ons met Ané van Dyk wat in Portugal woon.

Hallo, Ané! Van waar in Suid-Afrika is julle oorspronklik en waarom het julle besluit om in Portugal te gaan woon?

Bom dia (Goeiemôre) uit Portugal! Ons het voorheen in Kleinmond gewoon, alhoewel ek in Bloemfontein grootgeword het en Flippie in Wellington. Ons het lank navorsing gedoen oor emigrasie en verskeie lande oorweeg. Werksgeleenthede, belastingverpligtinge, taal, die weer, burgerskapopsies, die koste van vliegtuigkaartjies, visumvereistes, tydsones, ens. is alles op ’n sigblad uiteengesit. Tydens die pandemie het Flippie ’n afstandwerk gekry wat ons die vryheid gegee het om enige plek te woon. Portugal was aanvanklik nie op ons lang lys nie weens die taal, maar na deeglike navorsing het ons besef dat ons hier ’n duidelike roete na burgerskap het. Sonder dat ons nog ooit hier was, het ons ’n enorme geloofsprong geneem en vertrou dat ons, soos altyd, ook met hierdie besluit die nodige leiding van Bo sou ontvang.

Vertel ons meer van jou gesin.

Ek en Flippie het in 2017 as studente in Stellenbosch ontmoet. Hy is ’n sagteware-ingenieur en ek ’n spraakterapeut. Ons is twee dae voor die eerste grendeltydperk getroud en het twee kinders: John, amper vier, en Suzanne, amper twee jaar oud. Flippie werk van die huis af, terwyl ek by die kinders is. Ons huis is gevul met lag en liedjies.

Was dit moeilik om aan te pas of het jy maklik nuwe vriende gemaak en by die gemeenskap ingeskakel?

Emigrasie is nooit maklik nie, en die moeilikste was om familie en vriende te groet. Ons is albei introverte en verkies mekaar se geselskap. Op ons derde dag hier het ons toevallig ’n Afrikaanse gesin, die Tredoux’s, ontmoet, en ons het vinnig vriende geword. Twee maande na ons koms was ons 22 Afrikaanse vriende saam om John en Suzanne se verjaarsdae te vier. Ons is nog op soek na ’n kerk, aangesien die duisende kerke hier Portugees én Katoliek is.

Het julle kultuurskok ervaar toe julle in Portugal aangekom het? Enige wenke hoe julle dit oorkom het?

Beslis! Portugese neem gesinslewe ernstig op en eet middagete saam as uitgebreide families. Winkels sluit sommer vir twee uur oor middagete. Kinders word as die kosbaarste in die samelewing beskou, en as jy met klein kindertjies êrens heen gaan, kry jy altyd voorkeur om gouer gehelp te word. Die veiligheid hier is steeds verbasend; ons het ons huisie al twee keer gesluit. Net soos ons Afrikaners sterk tradisies het, het die Portugese ook. Besef dat jy die nuweling in die land is en skakel in, sodat jou lewe verryk word en die aanpassing makliker word.

Praat julle nog Afrikaans met mekaar? Van watter Afrikaanse hulpmiddels maak julle gebruik?

Afrikaans is ononderhandelbaar in ons huis. Die belangrikheid van moedertaalonderrig ook, daarom sal ons tuisonderrig gee. Ons lees ook Engels en leer saam Portugees, die kinders vinniger as ons. Ons het ’n boekrak vol Afrikaanse storieboeke en luister ook Afrikaanse musiek. Ons Afrikaanse vriende hier het ook kinders met wie John en Suzanne heerlik speel. Ons is nie bekommerd oor ons moedertaal hier nie.

Vertel ons watse werk julle doen en hoe die werkskultuur in die land verskil van dié in Suid-Afrika.

Flippie werk vir ’n Australiese maatskappy en sy span is reg oor Europa versprei. Min het vir hom verander, behalwe dat ons internetspoed beter is! Ek is voltyds by die kinders, maar help soms Afrikaanse ouers wêreldwyd met hul kinders se spraak-, taal- en voedingsontwikkeling.

Wat mis jy die meeste van Suid-Afrika? Wat is jou gunstelingherinnering aan Suid-Afrika?

Ons bly positief oor Suid-Afrika en hou die moontlikheid oop om eendag terug te keer. Ons gunstelingherinneringe is van tyd saam met familie. Flippie se hartsplek is Mosselbaai en myne Lady Grey in die Oos-Kaap. Rooibostee, Fizzers en Oros word as verblyfkoste aanvaar! Ons geniet ons avontuur in Portugal baie, al verlang ’n mens tog na die ou bekende.

Hoe gereeld sien julle julle familie?

Danksy video-oproepe sien ons gereeld ons ouers. Dit help met verlange, veral vir die kinders. My pa was bekommerd dat Suzanne hom ná nege maande sou vergeet, maar toe ons hom weer sien, het sy dadelik met oop armpies opgewonde na hom gehardloop en “Oupa!” geskree. Ons beplan om elke jaar Suid-Afrika toe te gaan en ontvang ook gereeld besoek van familie. Beide ons ouerpare kom vanjaar vir ons kuier, en ons kalender is kleurvol met besoeke van ander familie en vriende.

Hoe vergelyk die verblyfopsies en lewenskoste in Portugal met die van Suid-Afrika?

Die visum waarvoor ons aansoek gedoen het, vereis ’n spesifieke huurkontrak vooruit; dit was moeilik en duur. Gelukkig kon ons eers by Suid-Afrikaners bly, wat beslis gehelp het met administrasie en om in Afrikaans te verken. In Augustus 2024 het ons ons eerste huis in die hartjie van Portugal gekoop, naby Torres Novas. Ons het 30 olyfbome, sitrusbome en ander vrugtebome. Ons verwys na ons boord as “die plaas” en sien uit daarna om dit verder te ontwikkel. Dis ’n droom wat bewaarheid is! Oor die algemeen vind ons dat ons kruideniersware min of meer dieselfde kos as in Suid-Afrika. Brandstof is aansienlik duurder, maar ons betaal nie mediese fonds nie. So balanseer uitgawes mekaar redelik uit.

Wat doen jy vir ontspanning in Portugal?

Ons geniet ons klein plaaswerf baie en spandeer tans meeste van ons vrye tyd aan restourasie. Ons geniet die veilige buitelewe baie en ook uitstappies in die natuur, die see, al die wonderlike parkies en verkenning van ons nuwe land. Met Europa net ’n kort vlug weg, het ons ook baie planne om die res van die kontinent te ontdek.

Is daar enigiets anders wat jy met ons wil deel?

Ons het lank gedink oor emigrasie, want dit is nie maklik nie, nie vir dié wat gaan nie, en ook nie vir die familie wat agterbly nie. Elke gesin kies hul eie “moeilik”. Ons hoop ons harde werk nóú maak ons toekoms makliker. Een ding wat uitstaan, is hoe Suid-Afrikaners in Portugal vir mekaar omgee, hetsy persoonlik of op groepe soos WhatsApp en Facebook. Ons het soveel vriende reeds gemaak deur na hulle uit te reik. Ons vind dat mede-Suid-Afrikaners in Portugal soortgelyke denkwyses en doelwitte het, en die ooreenkomste help baie. Ons ervaar dieselfde oorwinnings en uitdagings en ons gemeenskap hier help ons baie daarmee.

Lees ook: Uit en tuis: ’n e-pos uit Oostenryk

Woon jy in die buiteland, of het jy dalk onlangs teruggekeer uit die buiteland? Jy kan ook vir ons ’n Uit en tuis-rubriek skryf. Stuur ’n e-pos na wereldwyd@afriforum.co.za en ons stuur vir jou vrae om te beantwoord.

Deel op

Waar in die wêreld woon jy?
Naam en van
+27(Suid-Afrika)
+93 (Afghanistan)
+355 (Albanië)
+213 (Algerië)
+376 (Andorra)
+244 (Angola)
+-267 (Antigua en Barbuda)
+54 (Argentinië)
+374 (Armenië)
+61 (Australië)
+43 (Oostenryk)
+994 (Azerbeidjan)
+-241 (Bahama-eilande)
+973 (Bahrein)
+880 (Bangladesh)
+-245 (Barbados)
+375 (Wit-Rusland)
+32 (België)
+501 (Belize)
+229 (Benin)
+975 (Bhutan)
+591 (Bolivia)
+387 (Bosnië en Herzegovina)
+267 (Botswana)
+55 (Brasilië)
+673 (Brunei)
+359 (Bulgarye)
+226 (Burkina Faso)
+257 (Burundi)
+238 (Kaap Verde)
+855 (Kambodja)
+237 (Kameroen)
+1 (Kanada)
+236 (Sentraal-Afrikaanse Republiek)
+235 (Tsjad)
+56 (Chili)
+86 (China)
+57 (Colombia)
+269 (Komore)
+243 (Demokratiese Republiek Kongo)
+242 (Republiek Kongo)
+506 (Costa Rica)
+385 (Kroasië)
+53 (Kuba)
+357 (Ciprus)
+420 (Tsjeggië)
+45 (Denemarke)
+253 (Djiboeti)
+-766 (Dominica)
+-808 (Dominikaanse Republiek)
+593 (Ecuador)
+20 (Egipte)
+503 (El Salvador)
+240 (Äquatoriaal-Guinee)
+291 (Eritrea)
+372 (Estland)
+268 (Eswatini)
+251 (Ethiopië)
+679 (Fidzi)
+358 (Finland)
+33 (Frankryk)
+241 (Gabon)
+220 (Gambië)
+995 (Georgië)
+49 (Duitsland)
+233 (Ghana)
+30 (Griekeland)
+-472 (Grenada)
+502 (Guatemala)
+224 (Guinee)
+245 (Guinee-Bissau)
+592 (Guyana)
+509 (Haïti)
+504 (Honduras)
+36 (Hongarye)
+354 (Ysland)
+91 (Indië)
+62 (Indonesië)
+98 (Iran)
+964 (Irak)
+353 (Ierland)
+972 (Israel)
+39 (Italië)
+-875 (Jamaika)
+81 (Japan)
+962 (Jordanië)
+7 (Kasakstan)
+254 (Kenia)
+686 (Kiribati)
+850 (Noord-Korea)
+82 (Suid-Korea)
+383 (Kosovo)
+965 (Koeweit)
+996 (Kirgisië)
+856 (Laos)
+371 (Letland)
+961 (Libanon)
+266 (Lesotho)
+231 (Liberia)
+218 (Libië)
+423 (Liechtenstein)
+370 (Litauen)
+352 (Luxemburg)
+261 (Madagaskar)
+265 (Malawi)
+60 (Maleisië)
+960 (Maledive)
+223 (Mali)
+356 (Malta)
+692 (Marshall-eilande)
+222 (Mauritanië)
+230 (Mauritius)
+52 (Mexiko)
+691 (Mikronesië)
+373 (Moldowa)
+377 (Monaco)
+976 (Mongolië)
+382 (Montenegro)
+212 (Marokko)
+258 (Mosambiek)
+95 (Mianmar)
+264 (Namibië)
+674 (Nauru)
+977 (Nepal)
+31 (Nederland)
+64 (Nieu-Seeland)
+505 (Nicaragua)
+227 (Niger)
+234 (Nigerië)
+389 (Noord-Masedonië)
+47 (Noorweë)
+968 (Oman)
+92 (Pakistan)
+680 (Palau)
+507 (Panama)
+675 (Papoea-Nieu-Guinee)
+595 (Paraguay)
+51 (Peru)
+63 (Filipyne)
+48 (Pole)
+351 (Portugal)
+974 (Katar)
+40 (Roemenië)
+7 (Rusland)
+250 (Rwanda)
+-868 (Saint Kitts en Nevis)
+-757 (Saint Lucia)
+-783 (Saint Vincent en die Grenadine)
+685 (Samoa)
+378 (San Marino)
+239 (Sao Tomé en Principe)
+966 (Saoedi-Arabië)
+221 (Senegal)
+381 (Serwië)
+248 (Seychelle)
+232 (Sierra Leone)
+65 (Singapoer)
+421 (Slowakye)
+386 (Slovenië)
+677 (Salomonseilande)
+252 (Somalië)
+27 (Suid-Afrika)
+211 (Suid-Sudan)
+34 (Spanje)
+94 (Sri Lanka)
+249 (Soedan)
+597 (Suriname)
+46 (Swede)
+41 (Switserland)
+963 (Sirië)
+886 (Taiwan)
+992 (Tadjikistan)
+255 (Tanzanië)
+66 (Thailand)
+670 (Timor-Leste)
+228 (Togo)
+676 (Tonga)
+-867 (Trinidad en Tobago)
+216 (Tunisië)
+90 (Turkye)
+993 (Turkmenistan)
+688 (Tuvalu)
+256 (Oeganda)
+380 (Oekraïne)
+971 (Verenigde Arabiese Emirate)
+44 (Verenigde Koninkryk)
+1 (Verenigde State)
+598 (Uruguay)
+998 (Oesbekistan)
+678 (Vanuatu)
+379 (Vatikaanstad)
+58 (Venezuela)
+84 (Viëtnam)
+967 (Jemen)
+260 (Zambië)
+263 (Zimbabwe)
(Suid-Afrika)
Afghanistan
Albanië
Algerië
Andorra
Angola
Antigua en Barbuda
Argentinië
Armenië
Australië
Oostenryk
Azerbeidjan
Bahama-eilande
Bahrein
Bangladesh
Barbados
Wit-Rusland
België
Belize
Benin
Bhutan
Bolivia
Bosnië en Herzegovina
Botswana
Brasilië
Brunei
Bulgarye
Burkina Faso
Burundi
Kaap Verde
Kambodja
Kameroen
Kanada
Sentraal-Afrikaanse Republiek
Tsjad
Chili
China
Colombia
Komore
Demokratiese Republiek Kongo
Republiek Kongo
Costa Rica
Kroasië
Kuba
Ciprus
Tsjeggië
Denemarke
Djiboeti
Dominica
Dominikaanse Republiek
Ecuador
Egipte
El Salvador
Äquatoriaal-Guinee
Eritrea
Estland
Eswatini
Ethiopië
Fidzi
Finland
Frankryk
Gabon
Gambië
Georgië
Duitsland
Ghana
Griekeland
Grenada
Guatemala
Guinee
Guinee-Bissau
Guyana
Haïti
Honduras
Hongarye
Ysland
Indië
Indonesië
Iran
Irak
Ierland
Israel
Italië
Jamaika
Japan
Jordanië
Kasakstan
Kenia
Kiribati
Noord-Korea
Suid-Korea
Kosovo
Koeweit
Kirgisië
Laos
Letland
Libanon
Lesotho
Liberia
Libië
Liechtenstein
Litauen
Luxemburg
Madagaskar
Malawi
Maleisië
Maledive
Mali
Malta
Marshall-eilande
Mauritanië
Mauritius
Mexiko
Mikronesië
Moldowa
Monaco
Mongolië
Montenegro
Marokko
Mosambiek
Mianmar
Namibië
Nauru
Nepal
Nederland
Nieu-Seeland
Nicaragua
Niger
Nigerië
Noord-Masedonië
Noorweë
Oman
Pakistan
Palau
Panama
Papoea-Nieu-Guinee
Paraguay
Peru
Filipyne
Pole
Portugal
Katar
Roemenië
Rusland
Rwanda
Saint Kitts en Nevis
Saint Lucia
Saint Vincent en die Grenadine
Samoa
San Marino
Sao Tomé en Principe
Saoedi-Arabië
Senegal
Serwië
Seychelle
Sierra Leone
Singapoer
Slowakye
Slovenië
Salomonseilande
Somalië
Suid-Afrika
Suid-Sudan
Spanje
Sri Lanka
Soedan
Suriname
Swede
Switserland
Sirië
Taiwan
Tadjikistan
Tanzanië
Thailand
Timor-Leste
Togo
Tonga
Trinidad en Tobago
Tunisië
Turkye
Turkmenistan
Tuvalu
Oeganda
Oekraïne
Verenigde Arabiese Emirate
Verenigde Koninkryk
Verenigde State
Uruguay
Oesbekistan
Vanuatu
Vatikaanstad
Venezuela
Viëtnam
Jemen
Zambië
Zimbabwe
This field is hidden when viewing the form
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels