Vegkop: ’n Dag van genade

02/05/2019
| Deur Ilze Nieuwoudt
Histories_Vegkop_1a

Die Slag van Vegkop is in die geskiedenisboeke van die Afrikaner opgeteken as ’n dag van wonderbaarlike redding. Op dié dag in Oktober 1836 kon die Voortrekkergeselskap van Andries Hendrik Potgieter daarin slaag om met slegs 40 weerbare mans (onder wie sewe seuns) ’n gewelddadige aanval deur tussen 4 000 en 6 000 van Mzilikazi se Ndebele-impies af te weer. Meer as 400 Ndebeles is in die aanval gedood, teenoor slegs twee sterftes aan die Voortrekkerkant. Onmoontlik, sou daar dalk vandag gereken word, maar tog waar.

Teen ’n koppie, sowat 20 km buite die Vrystaatse dorpie Heilbron, dui wit klippe dié historiese terrein aan. Teen die voet van die kop staan daar ’n indrukwekkende Coert Steynberg-skepping van ’n Voortrekkerman wat met sy voorlaaier in die regterhand ’n assegaai afweer. In sy ander hand hou hy ’n Bybel vas. Die grootsheid van dié beeld, met ’n piramide van duisende klippe aan sy voete, getuig van hierdie groot gebeurtenis in die Voortrekkergeskiedenis.

In sy navorsingsartikel oor dié slag lig die historikus M.C. van Zyl in 1986 in die Historia-tydskrif die belangrikheid van Vegkop uit: “Vegkop het vir Transvaal en in ’n mate selfs vir die Vrystaat dieselfde betekenis gehad as Bloedrivier vir Natal.”

Verskeie aanvalle deur die Ndebele op die Voortrekkers het die uiteindelike aanval by Vegkop voorafgegaan, want Mzilikazi wou die Voortrekkers met mening uit die gebied verjaag. Hoewel bronne verskil oor die presiese datum van die slag, word daar algemeen aanvaar dat dit waarskynlik op 20 Oktober 1836 plaasgevind het. Vanjaar sal dus die 182ste herdenking van dié gebeurtenis wees.

Potgieter het ’n Ndebele-aanval op die Trekkers verwag en daarom het die geselskap die nodige voorbereiding vir ’n aanval getref. Volgens Van Zyl is die ligging van die laer perfek gekies. “Dit is getrek op ’n skuinste net ten suide van die langwerpige rant wat later as Vecht Kop bekend sou staan. Vanuit die laer het die verdedigers ’n goeie uitsig oor die uitgestrekte vlakte gehad,” verduidelik hy. Hoewel die koppie self nie ’n rol in die geveg gespeel het nie, meen Van Zyl dit is vooraf as strategiese uitkykpunt gebruik.

Die 51 beskikbare waens is voor die aanval in ’n laer getrek – 40 aan die buitekant en die res in ’n kleiner sirkel in die middel. Die binneste waens het beskutting vir die vroue en kinders gebied en die buitenste sirkel is in ’n bykans ondeurdringbare muur omskep. Die waens is agtermekaar getrek en die voorwiel van die een wa is met kettings en rieme aan die agterwiel van die volgende wa vasgemaak. Die openings tussenin is met doringtakke toegepak.

Die aanloop tot en die aanval self was ’n uiters spanningsvolle ervaring vir die Voortrekkers. Nadat ’n klein groepie mans vroeg die oggend uit die laer getrek het om die aanvallers tegemoet te ry en vir vrede te onderhandel, is hulle egter met vyandigheid begroet en moes die ruiters al skietende terugry laer toe. Hier het hulle in angs op die koms van die duisende impies gewag. Intussen het Sarel Cilliers ’n kort diens gehou en om beskerming van God gebid.

Die Ndebeles, gewapen met hul werpassegaaie (gewoonlik het elke soldaat sowat ses saamgedra na die oorlogsveld) en steekassegaaie, het intussen nader aan die laer beweeg en begin om van die Voortrekkers se vee, wat buite die laer gewei het, weg te dryf. Volgens Van Zyl “het [dit] nie gelyk of die impi haastig was om aan te val nie. Sommige het hul tyd verwyl deur die lemme van hul assegaaie te slyp.”

Die Voortrekkers het later ’n rooi doek gewaai om die aanvallers uit te lok – die uitdaging is aanvaar. Potgieter het ’n maand ná die aanval aan Erasmus Smit vertel dat ’n “ontelbare menigte, met een helsch alarmgeschreew, slaande op hunne schildvellend als een dondergeluid uit de wolke” op die Voortrekkers afgestorm het. Die Voortrekkers, gewapen met voorlaaiers wat ’n trefafstand van tot 80 meter gehad het, het die Ndebeles egter ’n gevoelige knou toegedien. (’n Militêre kenner het volgens Van Zyl bereken dat elke man minstens vier rondtes per minuut kon afvuur.) Daarenteen het die assegaaie op die Voortrekkers gereën.

Die vuurkrag was net te erg en die aanvallers moes die aftog blaas, maar het wel daarin geslaag om al die Trekkers se vee (100 perde, 5 100 beeste en 50 000 skape) weg te voer. Meer as 1 100 assegaaie is na die slag in die laer opgetel. Nicolaas Potgieter en Pieter Botha is in die aanval gedood en nog sowat 14 het steekwonde opgedoen. Buite die laer het die dooie Ndebeles gesaai gelê – meer as 400 in totaal.

Hoewel die meeste Trekkers die aanval oorleef het, was hulle nie buite gevaar nie, want hul voedselbron was daarmee heen. Hulp het egter uit die oord van die Barolongopperhoof, Moroka, gekom wat aan die Trekkers trekosse en koeie voorsien het.

Vandag bied die heuwels en randjies by Vegkop stille getuienis van die onmoontlike oorwinning vir ’n handjievol Voortrekkers.

Foto’s: Ilze Nieuwoudt

Lees ook: Oom Paul, sy soldate en die plein

Deel op

Hoe lank woon jy al in die buiteland?
Naam en van
+27(Suid-Afrika)
+93 (Afghanistan)
+355 (Albanië)
+213 (Algerië)
+376 (Andorra)
+244 (Angola)
+-267 (Antigua en Barbuda)
+54 (Argentinië)
+374 (Armenië)
+61 (Australië)
+43 (Oostenryk)
+994 (Azerbeidjan)
+-241 (Bahama-eilande)
+973 (Bahrein)
+880 (Bangladesh)
+-245 (Barbados)
+375 (Wit-Rusland)
+32 (België)
+501 (Belize)
+229 (Benin)
+975 (Bhutan)
+591 (Bolivia)
+387 (Bosnië en Herzegovina)
+267 (Botswana)
+55 (Brasilië)
+673 (Brunei)
+359 (Bulgarye)
+226 (Burkina Faso)
+257 (Burundi)
+238 (Kaap Verde)
+855 (Kambodja)
+237 (Kameroen)
+1 (Kanada)
+236 (Sentraal-Afrikaanse Republiek)
+235 (Tsjad)
+56 (Chili)
+86 (China)
+57 (Colombia)
+269 (Komore)
+243 (Demokratiese Republiek Kongo)
+242 (Republiek Kongo)
+506 (Costa Rica)
+385 (Kroasië)
+53 (Kuba)
+357 (Ciprus)
+420 (Tsjeggië)
+45 (Denemarke)
+253 (Djiboeti)
+-766 (Dominica)
+-808 (Dominikaanse Republiek)
+593 (Ecuador)
+20 (Egipte)
+503 (El Salvador)
+240 (Äquatoriaal-Guinee)
+291 (Eritrea)
+372 (Estland)
+268 (Eswatini)
+251 (Ethiopië)
+679 (Fidzi)
+358 (Finland)
+33 (Frankryk)
+241 (Gabon)
+220 (Gambië)
+995 (Georgië)
+49 (Duitsland)
+233 (Ghana)
+30 (Griekeland)
+-472 (Grenada)
+502 (Guatemala)
+224 (Guinee)
+245 (Guinee-Bissau)
+592 (Guyana)
+509 (Haïti)
+504 (Honduras)
+36 (Hongarye)
+354 (Ysland)
+91 (Indië)
+62 (Indonesië)
+98 (Iran)
+964 (Irak)
+353 (Ierland)
+972 (Israel)
+39 (Italië)
+-875 (Jamaika)
+81 (Japan)
+962 (Jordanië)
+7 (Kasakstan)
+254 (Kenia)
+686 (Kiribati)
+850 (Noord-Korea)
+82 (Suid-Korea)
+383 (Kosovo)
+965 (Koeweit)
+996 (Kirgisië)
+856 (Laos)
+371 (Letland)
+961 (Libanon)
+266 (Lesotho)
+231 (Liberia)
+218 (Libië)
+423 (Liechtenstein)
+370 (Litauen)
+352 (Luxemburg)
+261 (Madagaskar)
+265 (Malawi)
+60 (Maleisië)
+960 (Maledive)
+223 (Mali)
+356 (Malta)
+692 (Marshall-eilande)
+222 (Mauritanië)
+230 (Mauritius)
+52 (Mexiko)
+691 (Mikronesië)
+373 (Moldowa)
+377 (Monaco)
+976 (Mongolië)
+382 (Montenegro)
+212 (Marokko)
+258 (Mosambiek)
+95 (Mianmar)
+264 (Namibië)
+674 (Nauru)
+977 (Nepal)
+31 (Nederland)
+64 (Nieu-Seeland)
+505 (Nicaragua)
+227 (Niger)
+234 (Nigerië)
+389 (Noord-Masedonië)
+47 (Noorweë)
+968 (Oman)
+92 (Pakistan)
+680 (Palau)
+507 (Panama)
+675 (Papoea-Nieu-Guinee)
+595 (Paraguay)
+51 (Peru)
+63 (Filipyne)
+48 (Pole)
+351 (Portugal)
+974 (Katar)
+40 (Roemenië)
+7 (Rusland)
+250 (Rwanda)
+-868 (Saint Kitts en Nevis)
+-757 (Saint Lucia)
+-783 (Saint Vincent en die Grenadine)
+685 (Samoa)
+378 (San Marino)
+239 (Sao Tomé en Principe)
+966 (Saoedi-Arabië)
+221 (Senegal)
+381 (Serwië)
+248 (Seychelle)
+232 (Sierra Leone)
+65 (Singapoer)
+421 (Slowakye)
+386 (Slovenië)
+677 (Salomonseilande)
+252 (Somalië)
+27 (Suid-Afrika)
+211 (Suid-Sudan)
+34 (Spanje)
+94 (Sri Lanka)
+249 (Soedan)
+597 (Suriname)
+46 (Swede)
+41 (Switserland)
+963 (Sirië)
+886 (Taiwan)
+992 (Tadjikistan)
+255 (Tanzanië)
+66 (Thailand)
+670 (Timor-Leste)
+228 (Togo)
+676 (Tonga)
+-867 (Trinidad en Tobago)
+216 (Tunisië)
+90 (Turkye)
+993 (Turkmenistan)
+688 (Tuvalu)
+256 (Oeganda)
+380 (Oekraïne)
+971 (Verenigde Arabiese Emirate)
+44 (Verenigde Koninkryk)
+1 (Verenigde State)
+598 (Uruguay)
+998 (Oesbekistan)
+678 (Vanuatu)
+379 (Vatikaanstad)
+58 (Venezuela)
+84 (Viëtnam)
+967 (Jemen)
+260 (Zambië)
+263 (Zimbabwe)
(Suid-Afrika)
Afghanistan
Albanië
Algerië
Andorra
Angola
Antigua en Barbuda
Argentinië
Armenië
Australië
Oostenryk
Azerbeidjan
Bahama-eilande
Bahrein
Bangladesh
Barbados
Wit-Rusland
België
Belize
Benin
Bhutan
Bolivia
Bosnië en Herzegovina
Botswana
Brasilië
Brunei
Bulgarye
Burkina Faso
Burundi
Kaap Verde
Kambodja
Kameroen
Kanada
Sentraal-Afrikaanse Republiek
Tsjad
Chili
China
Colombia
Komore
Demokratiese Republiek Kongo
Republiek Kongo
Costa Rica
Kroasië
Kuba
Ciprus
Tsjeggië
Denemarke
Djiboeti
Dominica
Dominikaanse Republiek
Ecuador
Egipte
El Salvador
Äquatoriaal-Guinee
Eritrea
Estland
Eswatini
Ethiopië
Fidzi
Finland
Frankryk
Gabon
Gambië
Georgië
Duitsland
Ghana
Griekeland
Grenada
Guatemala
Guinee
Guinee-Bissau
Guyana
Haïti
Honduras
Hongarye
Ysland
Indië
Indonesië
Iran
Irak
Ierland
Israel
Italië
Jamaika
Japan
Jordanië
Kasakstan
Kenia
Kiribati
Noord-Korea
Suid-Korea
Kosovo
Koeweit
Kirgisië
Laos
Letland
Libanon
Lesotho
Liberia
Libië
Liechtenstein
Litauen
Luxemburg
Madagaskar
Malawi
Maleisië
Maledive
Mali
Malta
Marshall-eilande
Mauritanië
Mauritius
Mexiko
Mikronesië
Moldowa
Monaco
Mongolië
Montenegro
Marokko
Mosambiek
Mianmar
Namibië
Nauru
Nepal
Nederland
Nieu-Seeland
Nicaragua
Niger
Nigerië
Noord-Masedonië
Noorweë
Oman
Pakistan
Palau
Panama
Papoea-Nieu-Guinee
Paraguay
Peru
Filipyne
Pole
Portugal
Katar
Roemenië
Rusland
Rwanda
Saint Kitts en Nevis
Saint Lucia
Saint Vincent en die Grenadine
Samoa
San Marino
Sao Tomé en Principe
Saoedi-Arabië
Senegal
Serwië
Seychelle
Sierra Leone
Singapoer
Slowakye
Slovenië
Salomonseilande
Somalië
Suid-Afrika
Suid-Sudan
Spanje
Sri Lanka
Soedan
Suriname
Swede
Switserland
Sirië
Taiwan
Tadjikistan
Tanzanië
Thailand
Timor-Leste
Togo
Tonga
Trinidad en Tobago
Tunisië
Turkye
Turkmenistan
Tuvalu
Oeganda
Oekraïne
Verenigde Arabiese Emirate
Verenigde Koninkryk
Verenigde State
Uruguay
Oesbekistan
Vanuatu
Vatikaanstad
Venezuela
Viëtnam
Jemen
Zambië
Zimbabwe
This field is hidden when viewing the form
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels