Watter implikasies is daar as ’n persoon nie die 183 dae-reël nakom nie?

09/03/2017
| Deur Sue-Ann de Wet
pexels-photo-1024x680

Kom ons veronderstel die belastingbetaler is ’n Suid-Afrikaanse burger wat op kontrak in Tanzanië werk, deur ’n Tanzaniese maatskappy gekontrakteer is en daarom in Tanzanië belas word. Die persoon kom nie die 183 dae-reël (waarvan 60 dae agtereenvolgend moet wees) oor ’n 12 maande-tydperk na nie. Wat is die belastingimplikasies? 

Die persoon word geag’n uitsluitlike inwoner van die Republiek van Suid-Afrika (RSA) te wees vir die doel van die ooreenkoms wat tussen die twee regerings aangegaan is om dubbele belasting te verhoed.

Ons het dit in artikel 14(2) verduidelik deur “kontrakterende staat” en “ander kontrakterende staat” met die toepaslike lande te vervang. Jy behoort die paragraaf dus met min moeite te verstaan:

“Article 14

  1. Notwithstanding the provisions of paragraph 1, remuneration derived by a resident of the RSA in respect of an employment exercised in the United Republic of Tanzania shall be taxable only in the RSA (the first-mentioned State) if:

(a)  the recipient is present in the United Republic of Tanzania for a period or periods not exceeding in the aggregate 183 days in any twelve-month period commencing or ending in the fiscal year concerned; and

(b)  the remuneration is paid by, or on behalf of, an employer who is not a resident of the United Republic of Tanzania, and

(c)  the remuneration is not borne by a permanent establishment which the employer has in the United Republic of Tanzania.” 

In ’n neutedop is ’n “resident of a contracting state” dus ’n inwoner van die RSA is, omdat jy genoem het dat die persoon ’n inwoner is of weens jou aanname hierbo.

Jy is dan reg. Tanzanië het dus nie die reg om die vergoeding te belas tot die mate wat paragraaf 2 van toepassing is nie.

Kontak die belastingkonsultant Fanus Jonck by tax@jonck.net met enige belastingnavrae.

Deel op

Hoe lank woon jy al in die buiteland?
Naam en van
This field is hidden when viewing the form
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels