AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids spog met 40 kategorieë van ondernemings en diensverskaffers regoor die wêreld. Die Wêreldgids stel jou in staat om ’n sterk ondersteuningsnetwerk te bou deur jou te verbind met ’n ekspat-gemeenskap in jou omgewing. Hierdie maand fokus ons op ondernemings in die Kuns-en-ontwerpkategorie van ons netwerk wat jy kan ondersteun.
Impala Crafts

Ek handversier items vir die huis en tuin met decoupage. Die ideale geskenke vir alle ouderdomme. Ek kry inspirasie uit die natuur met temas uit Afrika en die Verenigde Koninkryk, soos die bos en die platteland. Voëlhokkies en voëlvoerders vir die tuin, muurbehangsels en nog meer vir binne die huis. Lees meer.
Fynbos NZ

Fynbos NZ bied baie produkte om van te kies – of jy nou op soek is na ’n geskenk, huisdekor of net ’n bederfie. Lees meer.
The Whimsical Duchess of OZ

The Whimsical Duchess het ontstaan as ’n trots Suid-Afrikaanse klein besigheid, vanuit ’n diep liefde vir die natuur, tekstiele, kleur, fotografie en ’n eenvoudige behoefte om mooi voorwerpe te maak, trouruikers te herwin en terselfdertyd werk te skep. Hierdie pragtige ontwerpe en items is nou ook in Australië beskikbaar! Lees meer.
Carla Bosch Art

Nadat sy haar diploma in Binnenshuise Ontwerp aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie verwerf het, het Carla se liefde vir verf oorgeneem. Haar harde werk het vrugte afgewerp aangesien verskeie bekende kunsgalerye al haar werke aangevra het. Lees meer.
Carina Claassens Ceramics

Ek skep kuns met klei – ’n veelsydige medium. Kom ervaar ’n keramiekklas saam met my by my Atelier Clay Cafe Nederland. Lees meer.
FynBosch Design

FynBosch Design is ’n handgemaakte reeks delikate geweefde items, blomkuns en bykomstighede wat met plaaslike en ander flora gemaak word. Lees meer.
Op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids word jy nie net deel van ’n sakenetwerk nie, maar dit is ook ’n waardevolle manier om ’n ondersteuningsbasis op te bou vir daardie dae wanneer die verlange te veel raak en almal net te ver weg is.
Help jou onderneming om te groei, gebruik hierdie skakel en maak seker jou onderneming word gelys op Wêreldwyd se Wêreldgids. Dit is van onskatbare waarde om deel van ’n gemeenskap oor landgrense heen te wees!
Het jy dalk jou eie onderneming in die kuns-en-ontwerpsektor in die buiteland? Laat weet ons by wereldwyd@afriforum.co.za.
Lees ook: Wêreldgids in fokus: Facebook-gemeenskappe
Foto: Pavel Danilyuk/ Pexels