AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids spog met 40 kategorieë van ondernemings en diensverskaffers regoor die wêreld.
Die Wêreldgids stel jou in staat om ’n sterk ondersteuningsnetwerk te bou deur jou te verbind met ’n ekspatgemeenskap in jou omgewing. Benewens die waarde van hierdie netwerk, bied die Wêreldgids se Facebook-gemeenskappe ’n platform waar jy op hoogte kan bly van die nuutste gebeure, terwyl jy jou kultuur kan uitleef.
Hierdie maand fokus ons op Facebook-gemeenskappe in ons netwerk wat jy kan ondersteun.
SAWITU

Omdat sy in ’n vreemde land woon, ver van alles en almal na aan haar hart, is die idee vir SAWITU gebore. Hierdie vrou se hart het ’n hunkering gehad om te voel sy behoort iewers, is deel van ’n gemeenskap en het die nodige ondersteuning. Antonet Lombard De Ridder het op 31 Oktober 2017 die Facebook-groep SAWITU (South African Women in the United States and Canada) geskep.
SAWITU is nou ’n familie van susters, almal met dieselfde verlange diep in hulle. Lees meer.
Suid Afrikaanse kunstenaars in Aus en NZ

Ons reël en bemark Suid-Afrikaanse geleenthede in Australië, Nieu-Seeland, Kanada, die VSA, Verenigde Koninkryk en Europa. Dit sluit in kunstenaars soos Barry Hilton, Juanita du Plessis, Emo Adams, Chris Chameleon, Dozi, Die Heuwels Fantasties, Laurika Rauch en meer. SA Events ondersteun ook gemeenskapsgeleenthede met ’n Suid-Afrikaanse geur. Lees meer.
Afrikaanssprekendes wat buite Suider-Afrika woon

’n Ondersoek na die houdings en gebruike van Afrikaanssprekendes wat buite Suider-Afrika woon is in 2012 van stapel gestuur. Die ondersoek is steeds aan die gang en bestaan uit twee bene. Lees meer.
Labyrinth For Lemonade – Immigrant Women Together in NZ

Labyrinth for Lemonade skep geleenthede waar jy tyd saam met eendersdenkende vroue kan deurbring, en waar jy deur sprekers geïnspireer en gemotiveer sal word oor onderwerpe wat spesifiek vir jou as immigrantvrou van belang is. Lees meer.
South Africans living in Bristol

Hierdie is ’n gemeenskapsblad vir mense van Suider-Afrika en Zimbabwiërs wat in Bristol en Bath woon. Lees meer.
Saffas in Tokoroa and Putaruru

Dit voel asof ek oral in Tokoroa en Putatruru mense raakloop wat Afrikaans praat en hulle dan nooit weer sien nie. Hierdie is ’n platform wat jou die geleentheid gee om mede-Suid-Afrikaners op te spoor, waar ons vir mekaar raad kan gee oor byvoorbeeld waar om die lekkerste boerewors plaaslik te kry, ons mede-Saffas te help om in die dorp nes te skrop, en nou en dan lekker saam te kuier. Lees meer.
Afrikaans in Australia

Almal in Australië wat graag hul vermoë om Afrikaans te lees en skryf lewendig wil hou, word aangemoedig om by hierdie groep aan te sluit. Lede word dus aangemoedig om hier in Afrikaans te gesels; ook as hulle geleenthede soos optredes deur kunstenaars van Suid-Afrika bemark. Lees meer.
South Africans Living in Scotland

’n Forum vir UBUNTU tussen Suid-Afrikaners wat in Skotland woon. ’n Spasie waar ons tuis kan voel en ons lewens, idees, besighede en gemeenskappe met mekaar kan deel sodat ons kan groei en saam beter kan wees. Lees meer.
Worlds Apart Living in One Heart

Hierdie groep is ’n ondersteunende gemeenskap vir ouers en grootouers wie se kinders geëmigreer het. Ons verstaan die unieke uitdagings en emosies wat ’n mens ervaar wanneer jou geliefdes oorsee bly, en hierdie groep is hier om ’n veilige spasie te bied om ervarings te deel, ondersteuning te bied en bemoediging te kry tussen mense wat regtig jou situasie verstaan. Lees meer.
Watter Facebook-gemeenskap het jou lewe in die buiteland verryk?
Deel jou storie met ons! Laat weet in die kommentaar watter gemeenskap waarde tot jou lewe gevoeg het, of stuur ’n e-pos na wereldwyd@afriforum.co.za. Ons sien uit om van jou te hoor!
Lees ook: Wêreldgids in fokus: Afrikaanse hulpmiddels vir jou kind in die buiteland
Foto: Katya Wolf/ Pexels