Dit is uitdagend om in ’n nuwe land aan te pas. AfriForum Wêreldwyd is hier om jou te help. Die beste manier om te verseker dat jy die beste jy is wat jy in ’n nuwe omgewing kan wees, is deur ’n netwerk te bou. Netwerke is nie net vir sakelui nie; dit is ook ’n waardevolle manier om ’n ondersteuningsbasis op te bou vir daardie dae wanneer die verlange te veel raak en almal net te ver weg is.
AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van reg oor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Eienaars van klein ondernemings kan van AfriForum Wêreldwyd se gratis diens in die buiteland gebruik maak en self hul ondernemings op die interaktiewe gids lys. Op dié manier raak hulle deel van hierdie wonderlike netwerkgeleentheid!
Ons fokus hierdie week op ondernemings in die Verenigde Koninkryk wat julle kan ondersteun.
Impala Crafts
Ek versier items vir die huis en tuin met découpage. Die ideale geskenke vir alle ouderdomme. Ek kry inspirasie uit die natuur met temas uit Afrika en die Verenigde Koninkryk soos die bos en die platteland. Voëlhokkies en voëlvoerders vir die tuin, muurbehangsels en nog meer vir binne die huis. Lees meer.

Oh-lief Natural Products UK
Oh Lief se natuurlike en organiese babaprodukte word van organiese, ekstra fyngefiltreerde (“extra virgin”) olyfolie en byewas gemaak. Ons glo in veilige produkte vir babas en gesinne. Ons naam verwys na olyfolie, wat die hoofbestanddeel in al ons produkte is, asook na ons liefde vir alles wat natuurlik is. Lees meer.

The Original Biltong Company
Ons maak tradisionele biltong- en biltongstokkies met vleis van natuurlike teling en outentieke bestanddele waarop ons Suid-Afrikaanse erfenis trots sal wees. Ons is daartoe verbind om die peuselhappiemark te transformeer en gesonder, lekker alternatiewe te bied. Lees meer.

The Beskuit Factory UK
Begin jou dag op die Suid-Afrikaanse manier. Tuisgebakte Suid-Afrikaanse beskuit.
Dit is perfek om in koffie of tee te doop, of om eenvoudig op hul eie as ’n peuselhappie geniet te word. Of jy dit nou tuis geniet of met vriende en familie deel, dis ’n wonderlike manier om ’n bietjie van Suid-Afrika te ervaar. Lees meer.

Sparkling Willow Photography
Sparkling Willow Photography vang pragtige en tydlose beelde vas en skep herinneringe wat jy kan koester. Lees meer.

Flude & Associates
Flude & Associates is ’n spesialiskonsultasie-en-projekbestuursonderneming wat hoofsaaklik Suid-Afrikaanse privaat kliënte bystaan wat bates in Suid-Afrika en in lande reg oor die wêreld besit. Ons help Suid-Afrikaanse entrepreneurs, professionele persone en afgetredenes wat pasgemaakte regs-, fidusiêre, testament-, trust-, boedel- en hervestigingsbeplanning benodig om hul bates en sakebelange in Suid-Afrika, die VK en ander jurisdiksies wat gewild is onder mobiele Suid-Afrikaners te beskerm. Lees meer.

Blerrie Lekker Ltd
Blerrie Lekker Ltd verkoop ’n wye verskeidenheid van ons mees geliefde Suid-Afrikaanse lekkernye soos Tastic-rys, Ouma-beskuit en NikNaks. Ons verkoop biltong, droëwors en boerewors. Die biltong is beskikbaar in verskillende geure soos peper en brandrissie, terwyl ons ook wildsbiltong – wat koedoe, volstruis en springbok insluit – verkoop. Ons verkoop ook ander bekende Suid-Afrikaanse produkte soos rooibostee, Fritos, Fanta Grape, Sparletta en Ricoffy. Lees meer.

Deel jou gunstelingonderneming in die Verenigde Koninkryk met ons. Ons wil weet wie jy ondersteun in die Verenigde Koninkryk. Merk (“tag”) hulle in die kommentaar – ons lys graag die ondernemings GRATIS op ons Wêreldgids.
Watter land moet in ons volgende Wêreldgids in fokus wees?



















