Kom kuier saam by ’n onvergeetlike makietie

23/07/2024
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Kom kuier saam by ’n onvergeetlike makietie

Maak gereed vir ’n naweek vol pret en plesier by die Brookfield Maze in Myrrhee, Victoria in Australië op 27 tot 29 September 2024. Hierdie opwindende gebeurtenis beloof om ’n hoogtepunt van die jaar te wees, met ’n verskeidenheid aktiwiteite en geleenthede vir die hele gesin.

Hier is wat jy kan verwag:

17:00–23:00: Kampvuurplesier – Kom bymekaar om die kampvuur vir ’n aand van sang en aktiwiteite. Dit is die perfekte geleentheid om nuwe vriende te maak en ou bekendes te groet.

20:00–21:00: GRATIS malvalekkerbraai en warm sjokolade – Kom geniet heerlike malvalekkers wat oor die vuur gebraai word, asook stomende koppies warm sjokolade.

10:00–16:00: Smake van Suid-Afrika – Proe aan heerlike Suid-Afrikaanse kookkuns en besoek unieke kuns- en handwerkstalletjies. Van melktert tot biltong is daar iets vir elke smaak.

11:00–13:00: Boeresportuitdaging – Neem deel aan tradisionele Suid-Afrikaanse speletjies en sport. Dis ’n dag vol opwinding vir die hele gesin.

10:00–16:00: Regstreekse radio-uitsending en versoeke – Sing en dans saam met musiek van top- Suid-Afrikaanse kunstenaars en sangers. Bring jou versoeke en geniet die lewende musiek.

16:00–20:00: Kulinêre kompetisies – Spog met jou kookvaardighede in die potjiekos- en braaibroodjiekompetisies. Dit is ’n kans om te wys wat jy oor ’n vuurtjie kan doen.

16:00–23:00: Sokkie – Geniet ’n GRATIS sokkie terwyl jy lekker braai (bring-en-braai) en saam met jou familie en vriende kuier. Die perfekte afsluiting van ’n opwindende dag.

10:00–11:00:Sondagsaligheid Begin die dag met ’n erediens om die naweek op ’n geestelike wyse te vier.

12:00–14:00: Spitbraaifees – Geniet ’n heerlike spitbraaimiddagete, met slaaie en poeding, en sluit die naweek op ’n hoë noot af.


Bespreek jou kaartjies en kry meer inligting oor akkommodasie in die omgewing deur die volgende skakel te besoek: https://www.trybooking.com/CSLLN.

As jy belangstel om ’n markstalletjie op te stel, kan jy dit by https://www.trybooking.com/CSRZK bespreek.

Let wel: Die kampeerstaanplekke is reeds uitverkoop, maar daar is steeds ander akkommodasie-opsies beskikbaar. Ons nooi almal uit om die naweek saam met ons te kom geniet. Ons het nog baie markstalletjies oop en enige iemand is meer as welkom om met borgskappe uit te help.

Moet dit nie misloop nie! Kom kuier saam vir ’n onvergeetlike makietie by die Brookfield Maze.


Deel op

Hoe hou jy Afrikaans taalvaardighede vir jouself en/of kinders lewendig?
Naam en van
Hidden
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels