Onderneming in die kollig: Sails On Kos

05/08/2024
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Onderneming in die kollig: Sails On Kos

AfriForum Wêreldwyd se enig-in-sy-soort Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Op dié manier raak hulle deel van hierdie wonderlike netwerkgeleentheid.

Die Wêreldgids maak die wêreld bietjie kleiner, maar jou netwerk groter. Ondernemings vanuit alle uithoeke van die aarde kan op die Wêreldgids opgespoor word. Selfs al gaan jy net op reis in die buiteland, is die Wêreldgids handig – inligting oor ambassades, gastehuise, restaurante en apteke is tot jou beskikking.

Die Wêreldgids spog met 40 kategorieë van ondernemings en diensverskaffers van reg oor die wêreld. Hierdie week se kollig val op Sails On Kos in MarMari, Kos, Griekeland. Sails On Kos is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys.

Lees meer oor Sails On Kos

As jy op soek is na ’n ontspanne tyd by ’n vreedsame familiebestuurde oord, is Sails die perfekte plek vir jou. Ons tentvillas bied die ideale mengsel van gerief en avontuur, en ons voorsien ons gaste van alles wat hulle vir ’n genotvolle, onvergeetlike verblyf mag benodig.

Hoewel luukse kampering (glamping) sy toegewyde volgelinge het, voorsien Sails on Kos eintlik aan die behoeftes van die diepsinnige besoek wat na iets buitengewoons op soek is – ’n alternatief tot die gekloonde pakkette. Ons glo dat ons gaste vrydenkende kliënte is wat, buiten vir ’n behoefte aan hoëgehalteakkommodasie, waarde tot hul vakansie wil voeg deur ondervindings en aktiwiteite in te sluit wat vermaaklik, behaaglik en leersaam is, en durende herinneringe skep.

Op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids word jy nie net deel van ’n sakenetwerk nie, maar dit is ook ’n waardevolle wyse waarop jy ’n ondersteuningsbasis kan bou vir daardie dae wanneer die verlange te veel raak en almal net te ver weg is.

Help jou onderneming om te groei: Gebruik hierdie skakel en maak seker jou onderneming word op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys.


Ons wil weet waar jy koop, met wie jy praat en hoe jou netwerk in die buiteland lyk. Laat weet ons by wereldwyd@afriforum.co.za.

Klik hier om Sails On Kos se webtuiste te besoek.

Klik hier om Sails On Kos op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids te besoek.

Lees ook: Onderneming in die kollig: Brookfield Maze

Deel op

Hoe hou jy Afrikaans taalvaardighede vir jouself en/of kinders lewendig?
Naam en van
Hidden
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels