Onthou jy nog?: Wielie walie “tjoef-tjaf” ’n treffer

16/02/2022
| Deur Ilze Nieuwoudt
Wielie-Walie-karakters

Die eenvoudige kinderliedjie oor ’n apie op ’n vaatjie wat “tjoef-tjaf” afval, het oorspronklik in 1957 as ’n kleuterversie in D.J. Opperman se gewilde Kleuterverseboek verskyn. Die immergewildheid van dié versie is egter te danke aan die kinderprogram Wielie Walie wat sedert die begin van televisie in Suid-Afrika reeds in die woonkamers van Suid-Afrikaners nesgeskrop het. Die geliefde karakters Sarel Seemonster, Karel Kraai en Bennie Boekwurm het vir bykans twintig jaar (vanaf 1976 tot 1995) saam met aanbieders van die program Magda van Biljon en Gert van Tonder (oftewel Tannie Magda en Oom Gert) Suid-Afrikaanse kinders laat lag en sing. Wielie walie is tot op hede steeds die program met die langste speelvak in Suid-Afrikaanse televisiegeskiedenis. Onthou jy dit nog? Lees hier verder.

Deel op

Hoe lank woon jy al in die buiteland?
Naam en van
Hidden
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels