Danny Smoke se supervideo is hier!

24/03/2020
| Deur AfriForum Wêreldwyd
BTS-Danny

Die sensasionele Danny Smoke se #SuperVideo is pas vrygestel. Die video is ‘n trilogie, wat bestaan uit drie van sy liedjies en reeds bestaande videos van Soek Jy Aandag Of Soek Jy My Lyf?, T-Shirt en Gaan Ons Inlê, gekombineer.

Die video is geskiet tydens ‘n rit Mosambiek toe. “Ons het in ‘n kar geklim. Ek het hierdie meisie, Danica Van den heede ontmoet by ‘n gastehuis, ons ken mekaar glad nie, maar ry toe 1 300km na Mosambiek toe. Dit was incredible om dit so te doen, dokumentêrestyl, een kamera, dit was nooit vals of aangeplak nie, kom ons gaan op vakansie en kyk hoe dit uit draai”, vertel Danny opgewonde.

“Ek hoop as mense die video kyk ervaar hulle daai gevoel wat hulle al in hulle lewens gehad het. Daai ding wat jy dink nooit sal gebeur nie maar dan het dit,” voeg Danny by.

Dié Aitsa-bekroondemusikant wat duisende vroue se knieë lam maak by optredes vertel dat die video vervaardig is deur Jannes Erasmus en Dan Rademeyer van Inhoud Huis, by wie Danny ook as kunstenaar geteken is.

Henco Harmse van Universal Musiek Afrika, se die video is ‘n liefdesverhaalvolavontuurenpassie. “Die kruks van die verhaal is om kykers te herhinner aan daai onmoontlike sprokiesverhale wat wel waar word,” se Henco.

Danny het ook vroeër die maand ‘n “agter 0ppp0die skerms” video bekendgestel waar 0 die gedagte agter die maak van die ruimte 0trilogie aan kykers verduidelik.

Kyk dit hier:

https://umusic.box.com/s/o5n4u50vi69g7n0002xap5kej2mbh5hyca

Danny se album SWAELTJIES is nou op alle digitale platforms beskikbaar. Kry hom hier: https://INHOUDHUIS.lnk.to/SwaeltjiesS

OSIALEMEDIASKAKELS

Facebook: https://www.facebook.com/dannysmokefull/

Twitter:@Danny_Smoke

Instagram: @dannysmokeking

Deel op

Hoe hou jy Afrikaans taalvaardighede vir jouself en/of kinders lewendig?
Naam en van
Hidden
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels