Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir Suid-Afrikaanse burgers in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken.
Hier is die gewildste artikels:
’n Ouma vra: “Onthou my”
Daar is egter ook ander betekenisvolle oomblikke: “Pa, Ma, ons gaan emigreer!”
Die emigrasie van individue en gesinne is vandag baie Suid-Afrikaners se werklikheid. Jong mense soek na groener weivelde. Hierdie groot verandering eis ʼn tol op die emigrante én diegene wat in Suid-Afrika agterbly.
Uit en tuis: ’n e-pos uit China
Uit en tuis is ’n rubriek waar ons met mense gesels wat tans in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het. Vandeesweek gesels ons met Francois Bodenstein wat saam met sy vrou in China woon. Hy deel hulle ervaring en avonture met ons.
Dubbele burgerskap: Wat is die voorwaardes?
Dit is moontlik vir Suid-Afrikaanse burgers om dubbele of veelvuldige nasionaliteite te verkry.
Die eerste bepaling hou verband met die feit dat enige Suid-Afrikaanse burger (buiten minderjariges) wat ander burgerskap verkry het nadat die Wet in werking getree het, moet aansoek doen vir die behoud van sy/haar Suid-Afrikaanse burgerskapstatus.