Wêreldwyd se unieke Wêreldgids het alles wat jy nodig het om tuis te voel in ’n nuwe land. Van biltong en braaivleis tot Afrikaanse dokters en prokureurs. So eg Suid-Afrikaans soos ’n opskop in die skuur. Elke week identifiseer ons een onderneming om in die Kollig te verskyn. Hierdie week se onderneming in die Kollig is Cape to Cairo in Australië.
Cape to Cairo is beslis jou enigste bestemming vir tradisionele kos, tophandelsmerke en kultuurprodukte uit Suider-Afrika. As Wes-Australië se grootste invoerder, groothandelaar én kleinhandelaar van immergroen gunstelinge soos Mrs Balls-blatjang, Ouma-beskuit, regte Black Cat-grondboontjiebotter en Jelly Tots, verskuif ons Afrika se grense. Ons wye verskeidenheid biltong en droëwors, plaaslik gemaak volgens tradisionele resepte, kenmerk ons lank reeds as meesters van die kuns. Dan is ons natuurlik ook die logiese keuse vir vars tuisnywerheidgebak soos melktert en koeksisters. Besoek een van ons vier winkels in Wes-Australië vir ’n proetjie outentieke Suider-Afrikaanse kos en kultuur, of plaas eenvoudig ’n bestelling aanlyn. Ons doen besendings na oral!
Cape to Cairo spog met winkels in Osborne Park, Canning Vale, Rockingham en Bunbury.
Osborne Park:
Adres: 1/38 Sarich Court, Osborne Park, WA
Besigheidsure:
Maandag, Dinsdag, Woensdag en Vrydag: 9:00–17:00
Donderdag: 9:00–18:00
Saterdag: 9:00–16:00
Gesluit op Sondae en openbare vakansiedae
Canning Vale
Adres: 2/3 South Street, Canning Vale, WA
Besigheidsure:
Maandag tot Vrydag: 9:00–17:30
Saterdag: 9:00–17:00
Gesluit op Sondae en openbare vakansiedae
Rockingham
Adres: 11/3 Goddard Street, Rockingham, WA
Maandag tot Vrydag: 9:00–17:00
Saterdag: 9:00–16:00
Gesluit op Sondae en openbare vakansiedae
Bunbury
Adres: 12 Prinsep Street, Bunbury, WA
Besigheidsure:
Maandag, Dinsdag, Woensdag en Vrydag: 9:00–17:00
Donderdag: 9:00–17:30
Saterdag: 9:00–15:00
Gesluit op Sondae en openbare vakansiedae
Besoek Cape to Cairo se webtuiste hier.
Besoek Cape to Cairo se profiele op die Wêreldgids hier:
Lys jou onderneming hier.