AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids bring Suid-Afrikaanse ondernemings van oor die wêreld met mekaar in aanraking. Dit brei jou netwerk uit en laat die wêreld ’n bietjie kleiner voel. Hierdie platform bied toegang tot ’n diverse verskeidenheid ondernemings, van restaurante en gastehuise tot noodsaaklike diensverskaffers. Dit is ’n handige metgesel, selfs wanneer jy op reis is.
Onder die meer as 40 kategorieë kan jy met gemak die regte diensverskaffer vind.
AfriForum Wêreldwyd se ondernemings in die kollig-inisiatief is ’n viering van die suksesverhale van Suid-Afrikaanse ondernemings reg oor die wêreld. Hierdie inisiatief is ’n kerndeel van die Wêreldgids, en gee aan ondernemings die blootstelling wat hulle verdien.
Hiermee ondernemings wat in 2024 die kollig geniet het:
Sails on Kos
As jy op soek is na ’n ontspanne tyd by ’n vreedsame familiebestuurde oord, is Sails die perfekte plek vir jou. Ons tentvillas bied die ideale mengsel van gerief en avontuur, en ons voorsien ons gaste van alles wat hulle vir ’n genotvolle, onvergeetlike verblyf mag benodig. Lees meer.
Cape Reed International
In ’n wêreld waar ’n volhoubare lewenswyse noodsaakliker is as ooit tevore, is Cape Reed International ’n baken van innovasie en toewyding. Hierdie gerekende maatskappy ontwerp, verskaf en bou hoëgehalte-, volhoubare geboue regoor die wêreld, en het ’n passie om ekovriendelike strukture te skep. Cape Reed International is ’n pionier in die daarstel van ’n beter toekoms – van hul toegewydheid tot omgewingsvriendelike praktyke tot hul ingewikkelde ontwerpe uit natuurlike, volhoubare materiale. Lees meer.
Chocnotes
Chocnotes, wat in 2017 gestig is, streef daarna om enige geleentheid onvergeetlik te maak. Ons reeks pasgemaakte produkte voeg daardie persoonlike stempel by en sal jou spesiale geleentheid soet maak. Ons waardeer AL ons kliënte en sal ons uiterste bes doen om voort te gaan om uitstekende kliëntediens te lewer terwyl ons produkte van uitstaande gehalte verskaf. Lees meer.
The Baking Saffa
In 2019 het ’n vriendin wat haar eie bakonderneming het my gevra om haar te help koeksisters bak. Ek het die kans met albei hande aangegryp, want ek is baie lief vir bak en is daardeur opnuut geïnspireer om tradisioneel Suid-Afrikaanse lekkernye te bak. Sy het my gevra om haar winkel van Hertzoggies te voorsien, en net daar het ek besluit om my eie bakkery te begin. Lees meer.
KuierKos
Ons is, as ’n Suid-Afrikaanse kos-en-wynwinkel, trots daarop om geregte te bedien wat ons kultuur en geskiedenis weerspieël. Ek en ons medestigter, Andreas, het albei ’n passie vir kos wat reeds op ’n vroeë ouderdom begin het. Lees meer.
Brookfield Maze
Beweeg deur ons tradisionele heiningdoolhof, speel wegkruipertjie in ons groot tuine en raak betrokke by prettige gesinspeletjies voordat jy na die restaurant gaan vir middagete. Kom vir die dag of bly selfs vir die naweek om te ontspan in ons plattelandse oase. Lees meer.
AVW Media Worx
My passie vir fotografie het in 2015 begin toe ek die geleentheid gehad het om 24 lande te verken as ’n fotograaf op een van Royal Caribbean Cruise Lines se skepe. Ek was betower deur die skoonheid van die wêreld en sy mense en het geweet ek wil herinneringe deur my lens vasvang. Lees meer.
Dink jy jou onderneming of ’n onderneming/diensverskaffer wat jy ken, verdien om in die kollig te wees? Deel jou storie of merk (“tag”) ’n Suid-Afrikaanse onderneming in die buiteland wat uitmuntende diens lewer en ’n baken van trots is vir ons gemeenskap. Dalk is dit jou onderneming wat in 2025 as die volgende onderneming in die kollig gekies word.
Suid-Afrikaanse ondernemings lê ons na aan die hart. Lys nog vandag jou onderneming op Wêreldwyd se Wêreldgids, en maak gebruik van hierdie wonderlike netwerkgeleentheid.
Lys jou onderneming hier.
Deel op
Nuutste artikels