AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids bring Suid-Afrikaanse ondernemings van oor die wêreld met mekaar in aanraking. Dit brei jou netwerk uit en laat die wêreld ’n bietjie kleiner voel. Hierdie platform bied toegang tot ’n diverse verskeidenheid ondernemings, van restaurante en gastehuise tot noodsaaklike diensverskaffers. Dit is ’n handige hulpmiddel, selfs wanneer jy op reis is.
Onder die meer as 40 kategorieë kan jy met gemak die regte diensverskaffer vind. Hierdie week val die kollig op Serengeti Café in Queensland, Australië – ’n trotse bydraer tot die Wêreldgids.
Lees meer oor Serengeti Café
Serengeti Café is jou plaaslike kuierplek!
Ons personeel is soos familie en ons is saam met hulle trots op ons goeie diens en ongelooflike kos met ’n Afrika-atmosfeer.
Ons het begin as ’n klein koffiewinkel wat net koffie, koek en toebroodjies bedien het, maar vandag – soos ons naam aandui – geniet ons dit om gaste met ons bekende Afrika-flair te bederf asook met ’n paar tradisionele Australiese disse.
Met AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids word jy nie net deel van ’n dinamiese sakenetwerk nie; dit is ook ’n platform om ’n ondersteuningsnetwerk te vestig vir daardie dae wanneer die verlange na jou mense swaar op jou hart druk. Maak seker jou onderneming word op ons Wêreldgids gelys – klik op die skakel om deel te word van hierdie groeiende gemeenskap.
Registreer jou onderneming op die Wêreldgids en vertel ons van jou netwerk – ons hoor graag van jou by wereldwyd@afriforum.co.za. Laat weet ons gerus van jou gunsteling- plaaslike onderneming of jou ervarings in die buiteland.
Ons wil weet waar jy koop, met wie jy praat en hoe jou netwerk in die buiteland lyk. Laat weet ons by wereldwyd@afriforum.co.za.
Kontak Serengeti Café
Klik hier om Serengeti Café se webtuiste te besoek.
Klik hier om Serengeti Café op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids te besoek.
Lees ook: Onderneming in die kollig: Boerkraal