Oupa Buffel se avontuurklub

06/10/2026
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Platforum Grafika_Oupa Buffel-02

Oupa Buffel se Avontuurklub is ’n aangrypende geanimeerde webreeks oor ’n wyse ou buffel wat sy drie nuuskierige kleinkinders vermaak met stories uit sy jong dae in Afrika se savannes. Elke episode begin met die kleinkinders se speel-speel avonture wat ’n herinnering by Oupa Buffel wakker maak. Hy vertel dan hoe hy vir die eerste keer ’n nuwe dier ontmoet het en deur daardie ontmoeting leer kykers meer oor daardie dier se spoor, gewoontes, geluide, habitat en gedrag.

Deur humor, avontuur en lewenslesse ontdek die kleinkinders en die gehoor dat elke dier ’n unieke rol in die natuur speel. Elke storie eindig weer by die boom waar dit begin het, met Oupa Buffel se wysheid wat nog lank by sy kleinkinders bly.

Deel op

Nuutste artikels

Meer artikels deur