Onderneming in die kollig: Crafty Cakes NC – ’n soet bederf in Amerika
Daar is min dinge wat ’n spesiale geleentheid so lekker afrond soos ’n mooi koek. Of dit nou ’n verjaarsdag, ’n troue of sommer net ’n lekker saamkuier is, iets soets maak die geleentheid nog meer besonders.
Hierdie week neem ons jou na Zebulon in Noord-Carolina, Amerika, waar Crafty Cakes NC koeke vir allerhande geleenthede maak.
Soos die onderneming se beskrywing op die Wêreldgids dit stel: “Cakes for all occasions.”
Of jy nou ’n verjaardagpartytjie beplan, iets spesiaals wil vier of iemand met ’n heerlike koek wil verras, Crafty Cakes NC is ’n naam om te onthou.
Ontdek ondernemings regoor die wêreld
Crafty Cakes NC is een van die ondernemings wat op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids gelys is.
Die Wêreldgids maak dit makliker om ondernemings en diensverskaffers in verskillende lande te ontdek. Van tuisgebak en restaurante tot professionele dienste en kleinhandelaars – jy weet nooit watter interessante onderneming jy volgende gaan raakloop nie.
Het jy ook ’n onderneming in die buiteland? Registreer dit gratis op die Wêreldgids en maak dit makliker vir ander om jou te vind.
Kontak Crafty Cakes NC
Ligging: Zebulon, Noord-Carolina, VSA
E-pos: craftycakesnc@gmail.com
Telefoon: +1 919 935 2818
Besoek die Wêreldgids vir meer inligting.






















