Francois van Coke en Die Gevaar toer saam met Early B in Australië en Nieu-Seeland

09/10/2024
| Deur Sue-Ann de Wet
Francois van Coke en Die Gevaar toer saam met Early B in Australië en Nieu-Seeland

Afrikaanse musiekliefhebbers in Australië en Nieu-Seeland kan uitsien na ’n buitengewone musiekervaring in 2025. Francois van Coke, een van Suid-Afrika se mees ikoniese rock-kunstenaars, saam met sy band Die Gevaar en die talentvolle rapper Early B, gaan in 2025 vir die eerste keer in Australië en Nieu-Seeland optree. Hierdie opwindende toer, moontlik gemaak deur SA Events in samewerking met AfriForum Wêreldwyd, beloof om ’n onvergeetlike ervaring vir Afrikaanse musiekliefhebbers in die buiteland te wees.

Die konsertdatums is soos volg:

Sydney: 28 Maart 2025
Koop kaartjies hier.

Auckland: 29 Maart 2025
Koop kaartjies hier.

Adelaide: 2 April 2025
Koop kaartjies hier.

Brisbane: 4 April 2025
Koop kaartjies hier.

Perth: 5 April 2025
Koop kaartjies hier.

Francois van Coke het oor die afgelope twee dekades naam gemaak as die legendariese voorsanger van Fokofpolisiekar en later Van Coke Kartel. Met sy unieke stem en energieke verhoogpersoonlikheid het hy diep spore in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf getrap.

Nadat Van Coke Kartel ontbind het, het hy sy sololoopbaan in 2015 afgeskop met die vrystelling van sy treffende enkelsnit “Toe vind ek jou” saam met Karen Zoid. Sedertdien het hy vier suksesvolle solo-albums opgeneem: Francois van Coke, Hierdie is die lewe, Dagdrome in Suburbia, en Kanniedood. Hy het ook al sewe SAMA-toekennings verower as deel van Fokofpolisiekar, Van Coke Kartel en as solokunstenaar; asook ’n Aitsa-toekenning in 2019 as solokunstenaar.

Early B is aan Van Coke se sy vir hierdie toer. Hy is in Port Elizabeth gebore en getoë en het vir homself naam gemaak as een van Suid-Afrika se voorste rapkunstenaars.

Hy is ’n Ghoema-wenner en ʼn Aitsa Musiektoekenning in 2019 gewen. Hy het al met verskeie bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars saamgewerk, soos Emo Adams, HemelBesem, en die Afrikaanse popgroep Adam. Sy vermoë om gehore te vermaak en terselfdertyd ’n boodskap oor te dra, is wat hom geliefd maak by hiphop-aanhangers – plaaslik en internasionaal.


Moenie hierdie onvergeetlike musiekervaring misloop nie! Besoek gerus South African Events se webtuiste vir meer inligting en om kaartjies te koop, of stuur ’n e-pos na events@southafricanevents.com.

Gaan teken ook in op AfriForum Wêreldwyd se Kollig-nuusbrief sodat jy nie belangrike inligting mis nie!

Deel op

Hoe hou jy Afrikaans taalvaardighede vir jouself en/of kinders lewendig?
Naam en van
Hidden
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels