Kollig Nuusbrief: 17 Februarie 2022

17/02/2022
| Deur AfriForum Wêreldwyd
kollig

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir Suid-Afrikaanse burgers in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken.

Hier is die gewildste artikels:

Die Emmerlys: ’n Storie van lockdown-liefde, ’n Jimny en ’n ongelooflike droom

Wêreldwyd het onlangs op Instagram afgekom op “Die Emmerlys”, ’n paartjie wat hul hele lewe in ’n Jimny gepak het en die hele Suid-Afrika vol toer. Ons het bietjie vir Jaco en Clarice Visser gevra om ons meer te vertel oor hulle opwindende avontuur en hoe presies dit werk.

Spaarwiel: Finansiële onafhanklikheid – Wat behels dit? En vir wie is dit bestem?

Spaarwiel is ’n podsending wat finansiële onafhanklikheid, persoonlike finansies, en spaar- en beleggingsgeleenthede bespreek. Hierdie podsending word deur Eduan Kruger aangebied waarin hy gesels met die gewone man en vrou asook spesialiste oor persoonlik finansies en finansiële onafhanklikheid.

Taalblapse in die buiteland

Om in ’n nuwe land aan te pas kan soms misverstande veroorsaak, veral as dit kom by kommunikasie. Ira van der Merwe vertel van die taalblapse wat hulle al begaan het in die buiteland.

Deel op

Hoe hou jy Afrikaans taalvaardighede vir jouself en/of kinders lewendig?
Naam en van
Hidden
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels