Musiekblyspele op AfriForumTV

03/07/2025
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Musiekblyspele op AfriForumTV

AfriForumTV bring vermaak en geskiedenis saam op unieke wyse met ’n reeks oorspronklike musiekblyspele wat kykers nie net laat lag en huil nie, maar ook herinner aan ons erfenis, geloof en veerkragtigheid. Hierdie produksies – elk met ’n eie styl, boodskap en musiek – bied meer as net vermaak: dit is verhale wat die hart aanraak.

Die Gelofte: ’n Musiekblyspel

Wanneer Aimee en Ali, twee hoërskooldramastudente, ’n kis briewe onder in die teater se kelder ontdek, leer ken hulle die verhaal van Sarel Cilliers (en die Voortrekkers) wat saam met sy gesin oor die Drakensberge na die beloofde land trek. ’n Liefdesverhaal ontvou ook tussen twee jong mense wat skynbaar ’n onmoontlike gelukkige einde kan hê.

Die Kaplyn-musiekblyspel

Lank voordat die verlore seun tot inkeer gekom het en besluit het om – nadat hy sy erfporsie verkwansel het – na sy vader se huis terug te keer, het die vader elke dag die horison in afwagting dopgehou om te sien of sy seun nie huis toe kom nie. Tydens die Grensoorlog was die Kaplyn ’n rooi stuk grond tussen vyand en vriend. Daar is ’n rooi strook op ons verhoog wat die bloed van Jesus voorstel wat die enigste manier is hoe ons geregverdig en skoongewas voor die Vader kan staan.

Die Afrikaner maak só

’n Gesin wat in 1994 besluit het om ondergronds te gaan bly, in plaas daarvan om te emigreer, word dertig jaar later “ontdek” in ’n Suid-Afrika wat heelwat anders is as wat hulle onthou. Dit sorg vir skreeusnaakse oomblikke, maar ook ’n hartroerende storie, onvergeetlike liedere en kosbare karakters. Ons onthou wie ons is, waarvoor ons staan en waar ons krag vandaan kom.

Of jy saam met Sarel Cilliers oor die Drakensberge trek, die rooi strook van die Kaplyn oorsteek, of saam met ’n ondergrondse Afrikanergesin jou identiteit herontdek – hierdie musiekblyspele neem jou op ’n reis deur ons gedeelde geskiedenis en drome. Skakel in op AfriForumTV en ervaar teater wat praat met jou kultuur, jou geloof en jou hart.

Besoek www.afriforumtv.co.za of laai die toep af, op jou selfoon of by Google Play op jou slim-TV, en kyk vandag nog saam.

Lees ook: Afrikaanse kykgenot – Alles vir ons kinders – AfriForum Wêreldwyd

Deel op

"*" indicates required fields

This field is for validation purposes and should be left unchanged.
Hoe hou jy Afrikaans taalvaardighede vir jouself en/of kinders lewendig?
Naam en van
This field is hidden when viewing the form

Nuutste artikels