Zander mis sy sussie. En daarmee saam voel dit vir hom asof hy besig is om sy ouers ook te verloor. Maar gelukkig is daar genoeg om sy aandag van dinge by die huis af te lei. Hy en sy pelle, Mieke, Bongani en Ruben, gaan ’n kortfilm maak vir die kunsfees en hulle gaan seerowers wees! Hulle het selfs die perfekte plek om die video te skiet – die vervalle ou huis in die doodloopstraat se vuil swembad. Maar dan ontdek hulle iets skokkends… en dit word ’n saak van lewe of dood.
Vol kinkels, aksie en humor – Alet Steenkamp en Nerine Ahlers Boeke se nuwe lekkerlees-spanningsverhaal sal jong tieners vasgenael hou.
ISBN: 9780798183598
Uitgewer: Human & Rousseau
Datum Vrygestel: Mei 2023
Prys (incl. VAT): R 175,00
Formaat: Sagteband, 128pp
Storierak
Volg ons op sosiale media.
Storierak is ’n blad met oulike Afrikaanse kinderboeke deur NB-Uitgewers.
Facebook: Storierak | Facebook
Instagram: Storierak (@storierak_) | Instagram