Daar is sekere geure wat jou onmiddellik huis toe neem – al is “huis” duisende kilometers ver. Vir baie van ons mense wat oorsee woon, is dit juis kos wat herinneringe wakker maak, stories vertel en ’n gevoel van behoort skep. In hierdie uitgawe van Onderneming in die kollig stel ons ’n onderneming bekend wat presies dít doen: Met elke happie word ’n stukkie herinnering aan Suid-Afrika weer lewendig.
Hierdie week neem ons jou na Duitsland, waar Howzit Restaurant jou die geleentheid bied om Suid-Afrikaanse kookkuns, lewendige musiek, sport en vasvrae te ervaar.
Lees meer oor Howzit Restaurant
Howzit is Suid-Afrikaanse sleng wat niks anders as “Hoe gaan dit?” beteken nie. Dit word letterlik elke keer gebruik wanneer mense mekaar raakloop! Ons knus klein kroeg en restaurant kombineer ’n ontspanne atmosfeer met goeie kos en drank. Ons nooi jou om uit te kom en te sosialiseer!

Ondernemings soos Howzit Restaurant wys hoe ons mense hul kultuur, vaardighede en entrepreneursgees saamneem, waar hulle ook al wortelskiet. Dit is juis hierdie stories van aanpas, bou en bydra wat die Wêreldgids so waardevol maak – ’n plek waar Suid-Afrikaanse ondernemings mekaar vind en ondersteun, ongeag landsgrense.
Het jy ook ’n onderneming oorsee, of ken jy een wat verdien om raakgesien te word?
Registreer dit op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids en word deel van ’n groeiende netwerk wat gehalte, diens en identiteit wêreldwyd sigbaar hou.
Kontak ons by wereldwyd@afriforum.co.za – ons hoor graag jou storie!
Lees ook: Onderneming in die kollig: Lani Law
Deel op
"*" indicates required fields
Nuutste artikels



















