Onderneming in die kollig: Joy filled Photography

09/03/2026
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Onderneming in die kollig: Joy filled Photography

Elke onderneming het ’n storie – een van moed, drome en ’n bietjie Suid-Afrikaanse vasberadenheid. Wanneer mense hul tasse pak en nuwe horisonne aanpak, pak hulle ook hul kreatiwiteit, hul kultuur en hul passie in. AfriForum Wêreldwyd glo dat dié stories verdien om vertel te word. Met ons Onderneming in die Kollig-reeks vier ons week na week die Suid-Afrikaanse ondernemings wat reg oor die wêreld hul eie stukkie “tuis” skep – waar taal, hart en diens steeds hand aan hand loop.

Hierdie week neem ons jou na Australië, waar Joy filled Photography die geleentheid bied om al jou herinneringe vas te vang.

Fotografie was nog altyd my passie! Ek is mal daaroor om mense vas te vang soos hulle werklik is – ontspanne en in die oomblik. My benadering is openhartig, ontspanne en laat ware konneksie en emosie deurskyn. Ek streef daarna om beelde te skep wat moeiteloos , eg en vol lewe voel. Emosies ontvou, sodat jy daardie oomblikke presies kan herleef soos hulle gevoel het.

Ondernemings soos Joy filled Photography wys hoe ons mense hul kultuur, vaardighede en entrepreneursgees saamneem, waar hulle ook al wortelskiet. Dit is juis hierdie stories van aanpas, bou en bydra wat die Wêreldgids so waardevol maak – ’n plek waar Suid-Afrikaanse ondernemings mekaar vind en ondersteun, ongeag landsgrense.

Het jy ook ’n onderneming oorsee, of ken jy een wat verdien om raakgesien te word?
Registreer dit op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids en word deel van ’n groeiende netwerk wat gehalte, diens en identiteit wêreldwyd sigbaar hou.

Kontak ons by wereldwyd@afriforum.co.za – ons hoor graag jou storie!

Kontak Joy filled Photography

Klik hier om Joy filled Photography se Facebook-blad te besoek.
Klik hier om Joy filled Photography op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids te besoek.

Deel op

"*" indicates required fields

This field is for validation purposes and should be left unchanged.
Hoe hou jy Afrikaans taalvaardighede vir jouself en/of kinders lewendig?
Naam en van
This field is hidden when viewing the form

Nuutste artikels