Onderneming in die kollig: Natasha du Preez Photography

19/08/2025
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Onderneming in die kollig: Natasha du Preez Photography

AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids bring Suid-Afrikaanse ondernemings van oor die wêreld met mekaar in aanraking. Dit brei jou netwerk uit en laat die wêreld ’n bietjie kleiner voel. Hierdie platform bied toegang tot ’n diverse verskeidenheid ondernemings, van restaurante en gastehuise tot noodsaaklike diensverskaffers. Dit is ’n handige metgesel, selfs wanneer jy op reis is.

Jy kan met gemak die regte diensverskaffer onder die meer as 40 kategorieë vind. Hierdie week val die kollig op Natasha du Preez Photography, ’n trotse bydraer tot die Wêreldgids.

Natasha du Preez woon in Perth, Australië en is fotograaf wat in leefstyl, portrette, gesinne en troues spesialiseer. Sy het ’n passie daarvoor om kliënte te leer van die waarde wat fotografie tot hul storie in die nou en vir toekomstige generasies inhou.

Lees meer oor Natasha du Preez Photography

Ek is gek oor alles wat met gesinne te make het … ’n plek waar jy hoort en mense jou liefhet. Dit is onskatbaar om daardie oomblikke vas te vang wat tot jou gesin se verhaal bydra. Dié oomblikke verdien om vasgevang te word omdat dit tydloos in jou lewensreis is.

Met my leefstylfotografie is my primêre doel om die besielende verhaal vas te vang van waar jy jou tans op jou lewensreis bevind. Elkeen van hierdie oomblikke vorm jou en dra tot jou lewensverhaal by.

Jou troudag is een van die spesiaalste dae van jou lewe. Ek wil graag die liefde en emosie vasvang aan die begin van hierdie reis wat jy met jou mees geliefde persoon aanpak.

Ek hou daarvan om kreatief te wees en pret te hê met nuwe idees. Ek vind inspirasie daarin om die grense van my talent te verskuif. As jy daarvan hou om te droom en iets anders lief te hê, nooi ek jou uit om saam met my te kom pret hê.

Dink jy jou onderneming verdien dit om in die kollig te wees? Gryp vandag nog die geleentheid aan en word deel van ons AfriForum Wêreldwyd-netwerk. Op AfriForum Wêreldwyd seWêreldgids word jy nie net deel van ’n sakenetwerk nie; dit is ook ’n waardevolle wyse om ’n ondersteuningsbasis op te bou vir daardie dae wanneer die verlange te veel raak en al jou mense net té ver weg is.

Registreer jou onderneming op die Wêreldgids en vertel ons van jou netwerk. Ons hoor graag van jou by wereldwyd@afriforum.co.za. Laat weet ons gerus van jou gunsteling- plaaslike onderneming of jou ervarings in die buiteland.

Kontak Natasha du Preez Photography

Klik hier om Natasha du Preez Photography se webtuiste te besoek.
Klik hier om Natasha du Preez Photography op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids te besoek.

Deel op

Nuutste artikels