AfriForum Wêreldwyd se enig-in-sy-soort Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van oor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Op dié manier raak hulle deel van hierdie wonderlike netwerkgeleentheid.
Die Wêreldgids maak die wêreld bietjie kleiner, maar jou netwerk groter. Ondernemings vanuit alle uithoeke van die aarde kan op die Wêreldgids opgespoor word. Selfs al gaan jy net op reis in die buiteland, is die Wêreldgids handig – inligting oor ambassades, gastehuise, restaurante en apteke is tot jou beskikking.
Die Wêreldgids spog met 40 kategorieë van ondernemings en diensverskaffers van reg oor die wêreld. Hierdie maand fokus ons op organisasies in die reis-, toerisme- en ontspanningskategorie in ons netwerk wat jy kan ondersteun. Hierdie week se kollig val op Patisserie May in Somerset, Suidwes-Engeland. Patisserie May is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys.
Lees meer oor Patisserie May
Ek is in Suid-Afrika gebore en woon nou in Somerset, Suidwes-Engeland. My passie vir bak het kleintyd in my ouma se kombuis begin en ek het my kinderdroom bewaarheid deur patisserie (fyngebak) te studeer. Sedert ek in 2010 ’n patisseriediploma van City and Guilds verwerf het, het ek die voorreg gehad om vir baie gesogte ondernemings en saam met baie bekende patisseriesjefs te reis en te werk.
Op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids word jy nie net deel van ’n sakenetwerk nie, maar dit is ook ’n waardevolle wyse waarop jy ’n ondersteuningsbasis kan bou vir daardie dae wanneer die verlange net té veel raak en almal net té ver weg is. Word deel van ’n gemeenskap waar jy kan tuis voel – jou mense, jou netwerk, jou taal!
Besit jy jou eie onderneming in die buiteland? Of woon jy dalk in Suid-Afrika maar jou onderneming lewer ook dienste of produkte in die buiteland? Help jou onderneming om te groei: Gebruik hierdie skakel en maak seker dit is op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys.
Ons wil graag weet waar jy koop, met wie jy praat en hoe jou netwerk in die buiteland lyk. Laat weet ons by wereldwyd@afriforum.co.za.
Kontak Patisserie May
Klik hier om Patisserie May se webtuiste te besoek.
Klik hier om Patisserie May op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids te besoek.