Rubriek: Hoe om jou Suid-Afrikaanse burgerskap in stand te hou

27/08/2019
| Deur Sue-Ann de Wet
WereldwydWEB-Banner-AFR

Talle Suid-Afrikaners in die buiteland verloor onwetend hulle Suid-Afrikaanse burgerskap wanneer hulle in die buiteland om ’n ander burgerskap aansoek doen, sonder om eers by die Suid-Afrikaanse departement van binnelandse sake toestemming om behoud van die Suid-Afrikaanse burgerskap te kry. Die burgerskap kan eers weer heringestel word wanneer hulle kan bewys dat hulle permanent terug in Suid-Afrika is. Min mense is hiervan bewus.

‘n Verdere vereiste wat geld, is dat ʼn burger van Suid-Afrika wat meerdere burgerskappe het, altyd moet sorg dat sy / haar Suid-Afrikaanse paspoort geldig bly, en wanneer na Suid-Afrika gereis word, moet die Suid-Afrikaanse paspoort sonder uitsondering gebruik word om Suid-Afrika binne te kom en die land weer te verlaat.

 

Kry hier nog raad:
Besoek Wêreldwyd se webtuiste by www.wereldwyd.co.za. Jy kan ook inteken op die Kollig-nuusbrief en só op hoogte van migrasiesake bly.

Stuur voorstelle en versoeke na wereldwyd@afriforum.co.za.

Deel op

Nuutste artikels