Stories vir die siel: Inspirerende kortverhale

15/08/2025
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Stories vir die siel: Inspirerende kortverhale

Kortverhale kan soms jou hart breek en weer aanmekaar sit, jou laat skaterlag, dieper oor die lewe laat besin, en jou wegvoer na ander tye en plekke. Stories vir die siel: Inspirerende kortverhale is ’n unieke versameling van kortverhale en saamgestel uit bydraes van bekende skrywers, asook verskeie debuutskrywers. Laasgenoemde het deelgeneem aan die LUCA kortverhaalkompetisie wat daarop gerig was om aspirantskrywers blootstelling te gee. Die resultaat is ’n verskeidenheid van uiteenlopende stories wat om geloof wentel met die doel om hoop en lig vir die leser te bring. In Stories vir die siel: Inspirerende kortverhale skuur debuutskrywers skouers met gevestigde name soos dié van Maretha Maartens, Bettina Wyngaard, Jeanette Ferreira, Elsa Winckler, Stefaans Coetzee, Louise Viljoen, Elize Parker, Tertius Janse van Rensburg, Hannes Barnard, Jeanette Stals, Malene Breytenbach, Jaco Versfeld, Alexa Steyn en Lizelle von Wielligh.

ISBN: 9781779880321
Uitgewer: LAPA Uitgewers
Datum vrygestel: 1 Augustus 2025
Prys: R 300,00
Formaat: Sagteband en e-boek

Deel op

"*" indicates required fields

This field is for validation purposes and should be left unchanged.
Hoe hou jy Afrikaans taalvaardighede vir jouself en/of kinders lewendig?
Naam en van
This field is hidden when viewing the form

Nuutste artikels