Terugflits: Ondernemings in die kollig 2025 (Deel 1)

01/12/2025
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Terugflits: Ondernemings in die kollig 2025 (Deel 1)

AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids bring Suid-Afrikaanse ondernemings van oor die wêreld met mekaar in aanraking. Dit brei jou netwerk uit en laat die wêreld ’n bietjie kleiner voel. Hierdie platform bied toegang tot ’n diverse verskeidenheid ondernemings, van restaurante en gastehuise tot noodsaaklike diensverskaffers. Dit is ’n handige metgesel, selfs wanneer jy op reis is.

Onder die meer as 40 kategorieë kan jy met gemak die regte diensverskaffer vind.

AfriForum Wêreldwyd se Ondernemings in die kollig-inisiatief is ’n viering van die suksesverhale van Suid-Afrikaanse ondernemings reg oor die wêreld. Hierdie inisiatief is ’n kerndeel van die Wêreldgids, en gee aan ondernemings die blootstelling wat hulle verdien.

Hiermee ondernemings wat in 2025 die kollig geniet het:

Ons by Bushman Meats is trots daarop om jou die keurigste versameling van Suid-Afrikaanse produkte te bied. Ons boerewors word volgens tradisionele resepte gemaak, wat ’n outentieke smaak verseker wat jou terugneem huis toe. Lees meer.

Van die disse en dinge van Afrika tot die geure van jou verlede –  Protea Delights bied ’n uitgebreide reeks van die vernaamste handelsmerke, produkte en lekkernye wat ryk is aan eksotiese geure wat die plesiere van Afrika vier. Protea Delight verkoop ook eersteklas kruideniersware wat vanuit Suid-Afrika ingevoer word. Lees meer.

Ek is in Suid-Afrika gebore en woon nou in Somerset, Suidwes-Engeland. My passie vir bak het kleintyd in my ouma se kombuis begin en ek het my kinderdroom bewaarheid deur patisserie (fyngebak) te studeer. Sedert ek in 2010 ’n patisseriediploma van City and Guilds verwerf het, het ek die voorreg gehad om vir baie gesogte ondernemings en saam met baie bekende patisseriesjefs te reis en te werk. Lees meer.

Boerkraal, ’n klerehandelsmerk, is twee jaar gelede gestig met die idee om pasgemaakte klere met ’n braai-ontwerp vir Suid-Afrikaners te maak. Sedertdien was die ontwerp werklik gewild onder mense in die Verenigde Koninkryk en dit is dus amptelik in 2023 geregistreer.
Lees meer.

Serengeti Café is jou plaaslike kuierplek!

Ons het begin as ’n klein koffiewinkel wat net koffie, koek en toebroodjies bedien het, maar vandag – soos ons naam aandui – geniet ons dit om gaste met ons bekende Afrika-flair te bederf asook met ’n paar tradisionele Australiese disse. Lees meer.

Ek handversier items vir die huis en tuin met decoupage. Die ideale geskenke vir alle ouderdomme. Ek kry inspirasie uit die natuur met temas uit Afrika en die Verenigde Koninkryk soos die bos en die platteland. Voëlhokkies en voëlvoerders vir die tuin, muurbehangsels en nog meer vir binne die huis. Lees meer.


Dink jy jou onderneming of ’n onderneming/diensverskaffer wat jy ken, verdien om in die kollig te wees? Deel jou storie of merk (“tag”) ’n Suid-Afrikaanse onderneming in die buiteland wat uitmuntende diens lewer en ’n baken van trots is vir ons gemeenskap. Dalk is dit jou onderneming wat in 2026 as die volgende onderneming in die kollig gekies word.

Suid-Afrikaanse ondernemings lê ons na aan die hart. Lys nog vandag jou onderneming op Wêreldwyd se Wêreldgids, en maak gebruik van hierdie wonderlike netwerkgeleentheid.

Lees ook: Onderneming in die kollig: The Lekker Store

Deel op

"*" indicates required fields

This field is for validation purposes and should be left unchanged.
Hoe hou jy Afrikaans taalvaardighede vir jouself en/of kinders lewendig?
Naam en van
This field is hidden when viewing the form

Nuutste artikels