AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids bring Suid-Afrikaanse ondernemings van oor die wêreld met mekaar in aanraking. Dit brei jou netwerk uit en laat die wêreld ’n bietjie kleiner voel. Hierdie platform bied toegang tot ’n diverse verskeidenheid ondernemings, van restaurante en gastehuise tot noodsaaklike diensverskaffers. Dit is ’n handige metgesel, selfs wanneer jy op reis is.
Onder die meer as 40 kategorieë kan jy met gemak die regte diensverskaffer vind.
AfriForum Wêreldwyd se Ondernemings in die kollig-inisiatief is ’n viering van die suksesverhale van Suid-Afrikaanse ondernemings reg oor die wêreld. Hierdie inisiatief is ’n kerndeel van die Wêreldgids, en gee aan ondernemings die blootstelling wat hulle verdien.
Hiermee ondernemings wat in 2025 die kollig geniet het:
Inspired by Grace
Inspired by Grace bied aan ons kliënte unieke geskenkboksies, spesiaal gemaak vir elke individu.
Inspired by Grace se geskenke is alles handgemaak en sorgsaam verpak met baie liefde. Van huisdekor tot spesiale geskenkbokse vir nuwe mammas – Inspired by Grace weet net hoe om enigiemand spesiaal te laat voel. Dit beteken net soveel meer wanneer ’n geskenk spesiaal gemaak word. Lees meer.

Kudu Grill
Kudu Collective is ’n groep restaurante, asook ’n skemerkelkie- en wynkroeg, galery en privaat eetkamer in Peckham wat deur ’n familie bedryf word. Ons spyskaarte word deur die seisoene gevorm, dit is kreatiewe borde wat heerlike kos met ’n tikkie verbeelding kombineer. Ons Suid-Afrikaanse wortels inspireer ons kos en drinkgoed – of dit nou is om iets stadig te kook in ’n potjiepot oor warm kole, om ons heerlike Koedoe-brood te bak, of om ons braai-negroni te roer. Lees meer.

Nova Home Lovers
Nova Home Lovers is geleë in Virginia, VSA en is jou plaaslike en wêreldwye eiendomsagent en verhuisingshulpbron. Wanda Voight is ’n internasionale eiendomspesialis en hervestigingskenner wat al die stap-vir-stap-leiding kan gee wat jy benodig om jou suksesvol in enige plek in die wêreld te hervestig. Nova Home Lovers beskik oor ’n ongelooflike span hervestigingspesialiste wat ononderbroke werk om te verseker dat jy en jou gesin ’n sagte, gladde landing het! Lees meer.

Bravo Braai
Ons streef daarna om die beste moontlike diens en ervaring aan ons kliënte te bied deur hoëgehalteprodukte en uitsonderlike kliëntediens te lewer wat geanker is in eerlike en deursigtige beginsels. Die geleenthede wat ons aanbied fokus daarop om topvermaak na die VAE te bring – van musikante, komediante en DJ’s tot professionele en amateursjefs en kampkenners. Lees meer.

Sakatia Lodge
Sakatia Lodge is weggesteek op ’n eiland noordwes van Madagascar. Ons is ’n familiebestuurde lodge en glo dat ’n hartlike verwelkoming en vriendelike atmosfeer jou vakansie spesiaal maak. Ons plek staan vir niks terug nie, en is regs langs die Heilige Berg en ’n groenseeskilpadreservaat. Ons eiland het geen paaie nie, maar pragtige natuurskoon. Ons bied jou ontspanning en ’n ware wegbreek, maar met toegang tot ’n legio aktiwiteite op Nosy Sakatia en interessante daguitstappies na ander eilande. Lees meer.

The Lekker Shop
Welkom by The Lekker Shop, ’n baken waar gehaltevleissnitte en bekostigbaarheid hand aan hand gaan, en waar die ryke tapisserie van Suid-Afrikaanse kultuur in die plaaslike mark ingeweef is.
Die wortels van dié onderneming kan na die familie se Suid-Afrikaanse erfenis toe teruggespoor word, waar “lekker” die essensie van alles wat genotvol, smaakvol en goed is. Lees meer.

Dink jy jou onderneming of ’n onderneming/diensverskaffer wat jy ken, verdien om in die kollig te wees? Deel jou storie of merk (“tag”) ’n Suid-Afrikaanse onderneming in die buiteland wat uitmuntende diens lewer en ’n baken van trots is vir ons gemeenskap. Dalk is dit jou onderneming wat in 2026 as die volgende onderneming in die kollig gekies word.
Suid-Afrikaanse ondernemings lê ons na aan die hart. Lys nog vandag jou onderneming op Wêreldwyd se Wêreldgids, en maak gebruik van hierdie wonderlike netwerkgeleentheid.
Lys jou onderneming hier.



















