AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids bring Suid-Afrikaanse ondernemings van oor die wêreld met mekaar in aanraking. Dit brei jou netwerk uit en laat die wêreld ’n bietjie kleiner voel. Hierdie platform bied toegang tot ’n diverse verskeidenheid ondernemings, van restaurante en gastehuise tot noodsaaklike diensverskaffers. Dit is ’n handige metgesel, selfs wanneer jy op reis is.
Onder die meer as 40 kategorieë kan jy met gemak die regte diensverskaffer vind.
AfriForum Wêreldwyd se Ondernemings in die kollig-inisiatief is ’n viering van die suksesverhale van Suid-Afrikaanse ondernemings reg oor die wêreld. Hierdie inisiatief is ’n kerndeel van die Wêreldgids, en gee aan ondernemings die blootstelling wat hulle verdien.
Hiermee ondernemings wat in 2025 die kollig geniet het:
The Beskuit Factory UK
Begin jou dag op die Suid-Afrikaanse manier – met tuisgebakte Suid-Afrikaanse beskuit.
Dit is perfek om in koffie of tee te doop, of om eenvoudig op hul eie as ’n peuselhappie geniet te word. Of jy dit nou tuis geniet of met vriende en familie deel, dis ’n wonderlike manier om ’n bietjie van Suid-Afrika te ervaar. Lees meer.

SAarkie Limited
Dié maatskappy spesialiseer in die stuur van pakkies regoor die wêreld. Wat kan dan nou beter wees as om ’n stukkie van Nieu-Seeland huis toe te stuur of ’n stukkie huis terug te ontvang? ’n Pakkie vir SAarkie kies die beste manier om jou pakkie saam met die regte agente op die mees gepaste manier te stuur. Lees meer.

Dutchy’s Gourmet Sausages
Welkom by Dutchy’s. Ons weet dit kan moeilik wees om ver weg van die huis af te wees, maar soos wat Suid-Afrikaners maar is, weet ons ook dat alles sommer beter raak as ons ons tyd en lewens vul met heerlike kos wat ons aan die huis herinner. Lees meer.

Picture Poetry Photography
’n Fotograaf wat daarvan hou om ware oomblikke na te jaag. Die lag, die vuil klein handjies, die stil kyke, die chaos wat die lewe mooi maak.
Elke sessie is rondom jou gebou … jou styl, jou storie, jou lewensfase. Ek glo fotografie moet ’n weerspieëling wees van wie jy is. Lees meer.

FARMERHAUS Restaurant
Die uitsig vanaf die terras, oor die wingerde tot in die verte. Die geur van ons uitgesoekte speserye. Die versiering en meubilering tot in die fynste detail beplan.
Enigiemand wat al die geleentheid gehad het om die uitgestrektheid van Afrika te ervaar, sal tydens ’n besoek aan die FARMERHAUS onthou hoe hierdie indrukke op betowerende wyse vervloei met warm lig, Afrika-wyn en ’n baie unieke aandete. Lees meer.

Glenbosch Wine Estate
Welkom by Glenbosch, waar die kuns van wynmaak en vervaardiging van sterk drank sentraal staan. Stel jou voor ons landgoed geleë in die hartjie van rustige landskappe in die Victoriaanse Hoogland, waar elke bottel die noukeurige sorg weerspieël wat ons in ons handewerk stort. Of jy ’n gesoute kenner of nuut in die wêreld van fyn drankies is, kom saam met ons op ’n reis van smaak. Lees meer.

The Lekker Store
’n Fees van Suid-Afrikaanse produkte van varsgemaakte kosse, nageregte, versnaperinge en drankies wat ’n gevoel van tuis weg van die huis sal bring, wanneer jy jou nuwe lewe liefhet, maar steeds jou Suid-Afrikaanse wortels mis. Lees meer.

Dink jy jou onderneming of ’n onderneming/diensverskaffer wat jy ken, verdien om in die kollig te wees? Deel jou storie of merk (“tag”) ’n Suid-Afrikaanse onderneming in die buiteland wat uitmuntende diens lewer en ’n baken van trots is vir ons gemeenskap. Dalk is dit jou onderneming wat in 2026 as die volgende onderneming in die kollig gekies word.
Suid-Afrikaanse ondernemings lê ons na aan die hart. Lys nog vandag jou onderneming op Wêreldwyd se Wêreldgids, en maak gebruik van hierdie wonderlike netwerkgeleentheid.
Lys jou onderneming hier.
Lees ook: Terugflits: Ondernemings in die kollig 2025 (Deel 4)



















