Onderneming in die kollig: Dutchy’s Gourmet Sausages

28/10/2025
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Onderneming in die kollig: Dutchy’s Gourmet Sausages

Dit is nie maklik om in ’n nuwe land aan te pas nie. Alles voel vreemd en onbekend, en selfs iets so eenvoudig soos om jou geliefde Suid-Afrikaanse produkte op te spoor kan ’n avontuur op sigself wees. Jy hoef dit egter nie alleen te doen nie: AfriForum Wêreldwyd is hier om te help.

Ons Wêreldgids is enig in sy soort: ’n plek waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaar kom om ’n gevoel van gemeenskap te skep en waar jy weer kan voel jy behoort.

Of jy nou op soek is na Afrikaanse kerkdienste, jou gunsteling- Suid-Afrikaanse lekkernye of professionele mense wat in Afrikaans met jou oor finansiële, mediese of regskwessies kan gesels, ons gids wys vir jou waar om te begin.

Elke week plaas die AfriForum Wêreldwyd-span een van die ondernemings in die gids in die kollig. Hierdie week kyk ons na Dutchy’s Gourmet Sausages, geleë in die Verenigde State van Amerika. Dutchy’s Gourmet Sausages is ’n trotse en smaaklike bydraer tot die Wêreldgids!

Welkom by Dutchy’s. Ons weet dit kan moeilik wees om ver weg van die huis af te wees, maar soos wat Suid-Afrikaners maar is, weet ons ook dat alles sommer beter raak as ons ons tyd en lewens vul met heerlike kos wat ons aan die huis herinner.

Ons handgemaakte worsies word uitsluitlik gemaak met die hoogste gehalte USDA uitgesoekte vleis en speserye. Ons kenmerkende wors, die boerewors – jy kan kies uit 100% beesvleis; vark en bees; en lam, is altyd beskikbaar. Ons kliënte se gunstelinge sluit in: Dutchy’s se tradisionele boerewors, ontbytwors, biltong en droëwors.

Ons is gelisensieerde biltong- en droëworsmakers in Florida en ons kliënte dink ons is regtig goed daarmee! Ons biltong en droëwors is al beskryf as “DIE BESTE IN DIE VSA”.

Heerlike tuisgemaakte potpasteie en worsrolletjies is beskikbaar in ’n verskeidenheid geure vir ’n vinnige, moeitevrye tuisgemaakte maaltyd waarvan ons ma’s hou! Daar is nou ook selfs ander klaargemaakte etes wat jy net vinnig by die huis kan warm maak, soos melktert, bobotie, braaisous, biltongpatee, Cowboy Candy (jalapeñorissiekonfyt), Dutchy’s Pickles en malvapoeding.

Ons het jou gunsteling- Suid-Afrikaanse en Britse kruideniersware, alles teen mededingende pryse, beide in die winkel en aanlyn.

Dink jy jou onderneming verdien dit om in die kollig te wees? Gryp vandag nog die geleentheid aan en word deel van ons AfriForum Wêreldwyd-netwerk. Op AfriForum Wêreldwyd seWêreldgids word jy nie net deel van ’n sakenetwerk nie; dit is ook ’n waardevolle wyse om ’n ondersteuningsbasis op te bou vir daardie dae wanneer die verlange te veel raak en al jou mense net té ver weg is.

Registreer jou onderneming op die Wêreldgids en vertel ons van jou netwerk. Ons hoor graag van jou by wereldwyd@afriforum.co.za. Laat weet ons gerus van jou gunsteling- plaaslike onderneming of jou ervarings in die buiteland.

Kontak Dutchy’s Gourmet Sausages

Klik hier om Dutchy’s Gourmet Sausages se Facebook-blad te besoek.
Klik hier om Dutchy’s Gourmet Sausages op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids te besoek.

Deel op

Nuutste artikels