Van die Vrystaat tot Queensland: ’n Lewe van aanpassing en dankbaarheid

09/07/2025
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Van die Vrystaat tot Queensland: ’n Lewe van aanpassing en dankbaarheid

Ons het in 2005 uit Suid-Afrika vertrek en eers in Nieu-Seeland naby Taupo gewoon. Daarna het ons ons pad gevind deur Suid-Australië en Victoria, voordat ons finaal anker in die verre noorde van Queensland gegooi het. Hierdie streek, bo die Steenbokskeerkring, is bekend vir sy tropiese klimaat – warm, vogtig en soms met ’n sikloon of twee. Maar om nooit ’n ysige winter te beleef nie, is vir my ’n groot voordeel!

Ek is al my hele lewe in die onderwys en moes – soos ons rondgetrek het – aanpasbaar wees. Ek het in beide laer- en hoërskole gewerk, maar my passie was nog altyd beroepsvoorligting. Skole hier bied nie net akademiese vakke aan nie, maar ook praktiese kursusse wat toegang gee tot verskeie ambagte. Ek het dit geniet om jaar na jaar studente te ondersteun met hul vak- en beroepskeuses. Meer onlangs het ek ook my meestersgraad in berading voltooi, en ek hoop om my loopbaan verder in dié rigting te ontwikkel.

My kinders het hier geleenthede gekry om werklik te groei. My seun het in rekenaartegnologie gespesialiseer en werk nou as ’n verkoopsingenieur, terwyl my dogter in kleuteronderwys en maatskaplike werk haar roeping gevind het. Hulle is albei trots Afrikaanssprekend, en my skoondogter leer hard om te kan saamgesels.

In my vrye tyd geniet ek fotografie en probeer ek soveel moontlik van Australië se natuurskoon ontdek. Ons is opreg dankbaar vir die geleenthede wat hierdie land ons gebied het.

Baie groete uit Queensland
Marchelle

Deel jou storie met ons

Elke ervaring is uniek – of dit oor werk, aanpassing, kultuur, familie of net jou alledaagse leefwêreld gaan. AfriForum Wêreldwyd bied ’n ruimte waar jou perspektief sin maak vir ander wat dalk soortgelyke paaie loop.

Lees ook: Die voorreg tot reg – AfriForum Wêreldwyd

Deel op

"*" indicates required fields

This field is for validation purposes and should be left unchanged.
Hoe hou jy Afrikaans taalvaardighede vir jouself en/of kinders lewendig?
Naam en van
This field is hidden when viewing the form

Nuutste artikels