Vier jaar later: tussen verlange en verwondering

10/03/2026
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Vier jaar later: tussen verlange en verwondering

Deur Fransa Emslie

Hierdie foto laat steeds, vier jaar later, my maag op ’n knop trek.
Dit verteenwoordig soveel beplanning, hoop, vrees, drome en angs.

Om te immigreer is ’n keuse. Een wat jy self maak. Maar niemand kan jou daarop voorberei nie.
Dit is soveel moeiliker as wat jy dink.
Dit is soveel vreemder as wat jy kan glo.
Die verlange is soms meer as wat jou hart kan dra.

Dit is ook ’n avontuur.
Dit is nuwe plekke, nuwe geure, nuwe geleenthede en nuwe mense.
Lekker mense.

Vier jaar het ons ouer gemaak. Wyser. Gemakliker.

  • Engels is nie Engels nie.
  • Dis moeiliker as wat jy dink.
  • Dit vat lank om jou nuwe supermark se rakke te leer ken.
  • ’n Goeie haarstilis maak alles beter.
  • Jou “mense” hoef nie jou taal te kan praat om jou lewe voller te maak nie.
  • Jy is sterker as wat jy dink.
  • ’n Kerk maak jou siel vol – al bid ’n mens hakkelrig in ’n ander taal.
  • Sneeubande is ’n ding.
  • Sneeu is mooi tot jy dit moet skoffel.
  • Koud, kouer, koudste is wanneer jou neushare vries.
  • Jou grappies is nie snaaks as mense nie jou konteks verstaan nie.
  • Dis moeilik om in Afrikaans te dink en in Engels te praat.
  • Tyd maak nie dat jy jou mense minder mis nie. Groot dae is swaar.
  • Jy verstom jouself as jy terugkyk en sien wat jy vermag het.
  • Die Here is getrou. Altyd.
  • Dit bly, ten spyte van al die trane, verlange en vrees, die moeite werd om wakker te word in ’n land soos dié.

Deel jou storie met ons

Elke ervaring is uniek – of dit oor werk, aanpassing, kultuur, familie of net jou alledaagse leefwêreld gaan.
AfriForum Wêreldwyd bied ’n ruimte waar jou perspektief sin maak vir ander wat dalk soortgelyke paaie loop.

Stuur ‘n e-pos na wereldwyd@afriforum.co.za en ons stuur vir jou vrae om te beantwoord.

Deel op

"*" indicates required fields

This field is for validation purposes and should be left unchanged.
Watter taal praat jy by die huis?
Naam en van
This field is hidden when viewing the form

Nuutste artikels