Vinnige vyf met Wêreldwyd: Erika Nöthnagel

25/02/2025
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Vinnige vyf met Wêreldwyd: Erika Nöthnagel

1. Waar woon julle?

Ons woon ’n uur se ry noord van Stockholm, Swede in ’n dorpie met die naam Östervåla.

    2. Wat is jou gunstelingwoord in Afrikaans?

    Toetentaal

    3. Wat is die een ding wat jy wens jy in jou tas kon pak toe jy geëmigreer het?

    As dit ’n metaforiese tas is … ons lekker groot Kaapse plaaskombuis met ’n muur waar ons elke jaar die kinders se lengte gemeet en gemerk het. Of die oombliklike konneksie wanneer twee Afrikaanse vreemdelinge op ’n gewone dag gesels terwyl hulle êrens in ’n ry staan en wag.

        4. Hoe gereeld sien julle familie mekaar?

        Ons familie is al dekades lank versprei oor vier kontinente en woon in Suid-Afrika, Duitsland, Australië en Kanada. Met ons nuwe adres in Swede bly die afstand tussen ons steeds ’n video-oproep ver en die frekwensie van saam kuier is onveranderd. Dit is ’n realiteit waarby ons reeds aangepas het voor ons op die vliegtuig geklim het.

        5. Praat julle nog Afrikaans met mekaar?

        Absoluut. En uitsluitlik ook, behalwe as ons Sweeds oefen! Ons kinders was tieners toe ons geëmigreer het en Afrikaans is stewig gevestig as hul hartstaal. Om te woon in Europa is om jou moedertaal en kultuur met nuwe oë te bekyk en opnuut te waardeer!

        Foto’s: Erika Nöthnagel


          Deel op

          Watter taal praat jy by die huis?
          Naam en van
          This field is hidden when viewing the form
          This field is for validation purposes and should be left unchanged.

          Nuutste artikels