Wêreldgids in fokus: Kanada

18/02/2026
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Wêreldgids in fokus: Kanada

Dit is uitdagend om in ’n nuwe land aan te pas. AfriForum Wêreldwyd is hier om jou te help. Die beste manier om te verseker dat jy die beste jy is wat jy in ’n nuwe omgewing kan wees, is deur ’n netwerk te bou. Netwerke is nie net vir sakelui nie; dit is ook ’n waardevolle manier om ’n ondersteuningsbasis op te bou vir daardie dae wanneer die verlange te veel raak en almal net te ver weg is.

AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van dwarsoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Eienaars van klein ondernemings kan van AfriForum Wêreldwyd se gratis diens in die buiteland gebruik maak en self hulle ondernemings op die interaktiewe gids lys. Op dié manier raak hulle deel van hierdie wonderlike netwerkgeleentheid!

Ons fokus hierdie week op ondernemings in Kanada wat julle kan ondersteun.

Kuland Trading voer topgehaltehandelsnaamklerasie, -geweerteleskope en nog meer in uit Suid-Afrika. Hierdie produkte is ontwerp vir presisie, gemak en alledaagse leefstyl, met ’n tikkie Suid-Afrikaanse erfenis. Lees meer.

Geniet asseblief ons aanlyn spesialiteitsvoedselwinkel. Ons besit en bestuur ’n familie-onderneming in die Groter Vancouver-omgewing, maar ons sal jou gunstelingsnoepgoed vir jou na enige plek in Kanada versend. Gebore en getoë in Suider-Afrika, bly ons getrou aan ons erfenis, terwyl ons kos van reg oor die wêreld omarm. Lees meer.

Elke item is liefdevol uitgesoek, elke een ’n bewys van vakmanskap en kulturele rykdom van Suid-Afrika. My hoop is dat hulle net soveel vreugde na jou ruimte bring as wat hulle na myne bring – ’n bekende troos, ’n vonk van nostalgie en altyd ’n tikkie tuiste. Lees meer.

Ons hanteer elke stukkie vleis asof dit vir iemand is wat ons as ’n potensiële vriend beskou en wat deel van ons groot familie kan word. Ons maak nie net eenvoudig nog ’n stuk biltong nie, ons bou ’n bietjie liefde daarby in. Vir ons is elke produk wat by ons deur uitgaan ’n uitnodigingskaartjie met die woorde, “Jy is welkom in dié familie”. Daarom bied die Gauché’s ook elke jaar die Netvleish-boerefees hier by ons op die plaas aan. Dit is ons dankiesêgeleentheid waar ons iedere en ’n elk gratis trakteer op die beste vleis, pap en sous in Kanada. Lees meer.

Weeklikse, tweeweeklikse, maandelikse, diep skoonmaak, enkele afsprake, uittrek, residensiële, konstruksie- en kommersiële skoonmaak. Gelisensieerd en verseker. Lees meer.

Kromdraai Deli is daarop gemik om ’n bekende plek te wees waar jy jou gunsteling- Suid-Afrikaanse produkte kan koop. By Kromdraai nooi ons jou uit: “KOM DRAAI!” Kom besoek ons gerus en sien ons wye reeks smaaklike Suid-Afrikaanse disse en nageregte. Lees meer.

Die GROOTSTE jaarlikse Suid-Afrikaanse fees in Kanada, net hier op Saskatchewan se grasvlaktes!

Kom en beleef ’n ontploffing van uiteenlopende kos, kultuur en aktiwiteite wat werklik soos  HUIS smaak! Lees meer.

Deel jou gunstelingonderneming in Kanada met ons. Ons wil weet wie jy ondersteun in Kanada. Merk (“tag”) hulle in die kommentaar – ons lys graag die ondernemings GRATIS op ons Wêreldgids.
Watter land moet in ons volgende Wêreldgids in fokus wees?

Deel op

"*" indicates required fields

This field is for validation purposes and should be left unchanged.
Hoe lank woon jy al in die buiteland?
Naam en van
This field is hidden when viewing the form

Nuutste artikels