Dit is uitdagend om in ’n nuwe land aan te pas. AfriForum Wêreldwyd is hier om jou te help. Die beste manier om te verseker dat jy die beste jy is wat jy in ’n nuwe omgewing kan wees, is deur ’n netwerk te bou. Netwerke is nie net vir sakelui nie; dit is ook ’n waardevolle manier om ’n ondersteuningsbasis op te bou vir daardie dae wanneer die verlange te veel raak en almal net te ver weg is.
AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van reg oor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Eienaars van klein ondernemings kan van AfriForum Wêreldwyd se gratis diens in die buiteland gebruik maak en self hul ondernemings op die interaktiewe gids lys. Op dié manier raak hulle deel van hierdie wonderlike netwerkgeleentheid!
Ons fokus hierdie week op ondernemings in Ierland wat julle kan ondersteun.
Kerk in Afrikaans
By die Irish Reformed Church – Kerk in Afrikaans, wil ons graag die Woord van die Here met ’n suiwer hart, skoon gewete en opregte geloof bestudeer en verkondig. Jy is welkom om by ons in te loer, aanlyn, maar ook in persoon. Lees meer.
South African Bakes
Geniet jou gunsteling- Suid-Afrikaanse gebakte eetgoed, handgemaak met slegs die beste Ierse bestanddele en afgelewer by jou deur. Lees meer.
Protea Cafe
Protea Cafe is ’n klein, plaaslike, familie-onderneming in die hartjie van ons wonderlike dorpie Castleconnell, Limerick, Ierland. Jou stylvolle koffiekasteel in Castleconnell. Lees meer.
The South African Shop
Invoerders en kleinhandelaars van gewilde Suid-Afrikaanse produkte na Ierland. Ons hou tradisionele biltong, boerewors en droëwors in voorraad, alles gemaak in Ierland met ingevoerde speserye en Ierse vleis van naspeurbare en betroubare vleisverskaffers. Lees meer.
South African Gathering Ireland
The South African Gathering Ireland is deur Berilyn en Robert Teeling geskep in reaksie op talle kere wat vriende gepraat het oor hul verlange na hul huis en verlang het na ’n plek waar hulle kan ontmoet en die geselskap van Suid-Afrikaners van reg oor Ierland kan geniet. Hierdie liefdeswerk het ’n vaste instelling op menige Suid-Afrikaner se kalender geword, as ’n jaarlikse fees wat die ryk kultuur van ons moederland vier. Ons sien uit daarna om ons gereelde gaste te ontmoet en hoop om elke jaar baie meer van julle te ontmoet.Lees meer.
Listen & Learn
Listen & Learn bied ’n verskeidenheid opsies aan wat by enige een se skedule sal inpas. Besluit of jy Afrikaans wil leer om te gebruik wanneer jy sake doen of vir algemene gebruik. Wil jy jou Afrikaanse vaardighede opknap of begin jy by die begin? Daar is iets vir almal. Lees meer.
Fatbike Adventures
Fatbike Adventures gaan daaroor om die opwinding terug te bring wat mense aanvanklik ervaar het toe hulle leer fietsry het. Fatbiking is ’n wonderlike aktiwiteit of buitelug-spanbou-oefening vir alle geslagte en ouderdomme, en diegene wat bekommerd is dat hulle bietjie gaan sukkel, kies ’n battery-ondersteunde e-Fatbike. Lees meer.
Deel jou gunstelingonderneming in Ierland met ons. Ons wil weet wie jy ondersteun in Ierland. Merk (“tag”) hulle in die kommentaar – ons lys graag die ondernemings GRATIS op ons Wêreldgids.
Watter land moet in ons volgende Wêreldgids in fokus wees?
Lees ook: Wêreldgids in fokus: Nederland








































