Wêreldgids in fokus: Nieu-Seeland

30/09/2025
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Wêreldgids in fokus: Nieu-Seeland

Dit is uitdagend om in ’n nuwe land aan te pas. AfriForum Wêreldwyd is hier om jou te help. Die beste manier om te verseker dat jy die beste jy is wat jy in ’n nuwe omgewing kan wees, is deur ’n netwerk te bou. Netwerke is nie net vir sakelui nie; dit is ook ’n waardevolle manier om ’n ondersteuningsbasis op te bou vir daardie dae wanneer die verlange te veel raak en almal net te ver weg is.

AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van reg oor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Eienaars van klein ondernemings kan van AfriForum Wêreldwyd se gratis diens in die buiteland gebruik maak en self hul ondernemings op die interaktiewe gids lys. Op dié manier raak hulle deel van hierdie wonderlike netwerkgeleentheid!

Ons fokus hierdie week op ondernemings in Nieu-Seeland wat julle kan ondersteun.

In die gange van The Lekker Shop vertel elke vleissnit, elke ingevoerde spesery en elke glimlaggende gesig by die toonbank ’n verhaal van tradisie, smaak en die samebindende liefde vir alles wat lekker is. The Lekker Shop streef daarna om jou tuis te laat voel deur die beste van Suid-Afrika na jou toe te bring! Lees meer.

Fynbos NZ is dié plek as jy op soek is na ’n geskenk, dekor vir jou blyplek of selfs net iets om jouself mee te bederf. Lees meer.

Jou glimlag kan soveel oor jou sê, en soms kan dít waarmee jy ontevrede is jou pla of ’n impak hê op jou selfvertroue en die manier waarop jy glimlag. By Durrheim & Associates sal ons saam met jou werk deur die mees moderne tandheelkundige tegnieke te gebruik, van voorkomende en herstellende programme tot die nuutste kosmetiese behandelings.
Lees meer.

Is jy op soek na Afrikaanse en ’n bietjie Engelse leesstof in Nieu-Seeland? Ons het presies wat jy nodig het! Ons verkoop boeke in Albany en aanlyn en ons kan dit in Nieu-Seeland en na oorsese bestemmings pos.

Afrikaanse leesboeke vir grootmense, kinders, tieners, begin en leer lees – ware stories, Christelike stories, vyf-minuut verhale vir kinders, kook- en gruwelstories – daar is tonne om van te kies en te keur. Enigiets van boekies vir babas, tot tieners wat Trompie en Saartjie lees, inkleur- en aktiwiteitsboeke tot baie ander genres, insluitende dagboeke en Bybels.
Lees meer.

Met meer as 30 jaar se ondervinding in die bedryf hanteer ons alle aspekte van waterlekkasie-opsporingstoetsing. Ons doen alles van ondergrondse toetsing tot die opspoor van lekkasies in pype deur die gebruik van klanktoerusting, tot die opspoor van pype en termiese beeldvorming. Ons bied ’n wye reeks lekherstel-/vervangingsoplossings vir jou unieke situasie en wat aangepas is by jou behoeftes en begroting. Lees meer.

Die Voortrekkerverhaal is ’n verhaal van planne, vars denke, aanpasbaarheid en hoëfunksieprestasies. Dit is ’n storie van liefde vir Afrikaans, Afrikanerkultuur, Afrikanerkinders en, bo alles, die Here. Dit is ook ’n storie van pret, kameraadskap en avontuur. Lees meer.

Ons hier by Bushman’s Grill glo dat goeie kwaliteit kos voorberei moet word deur slegs die varsste, preserveermiddelvrye en voedsaamste bestanddele beskikbaar te gebruik. Ons berei voor, kook en bedien op ons unieke, wilde manier. Biefstuk, vuur en braaipan … want dit smaak net beter. Ons gebruik slegs die beste Nieu-Seelandse vleis beskikbaar wat noukeurig gekies en perfek verouderd is. Lees meer.

Deel jou gunstelingonderneming in Nieu-Seeland met ons. Ons wil weet wie jy ondersteun in Nieu-Seeland. Merk (“tag”) hulle in die kommentaar – ons lys graag die ondernemings GRATIS op ons Wêreldgids.

Watter land moet in ons volgende Wêreldgids in fokus wees?

Deel op

Nuutste artikels