Wêreldgids in fokus: Verenigde State van Amerika

09/09/2025
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Wêreldgids in fokus: Verenigde State van Amerika

Dit is uitdagend om in ’n nuwe land aan te pas. AfriForum Wêreldwyd is hier om jou te help. Die beste manier om te verseker dat jy die beste jy is wat jy in ’n nuwe omgewing kan wees, is deur ’n netwerk te bou. Netwerke is nie net vir sakelui nie; dit is ook ’n waardevolle manier om ’n ondersteuningsbasis op te bou vir daardie dae wanneer die verlange te veel raak en almal net te ver weg is.

AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van reg oor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Eienaars van klein ondernemings kan van AfriForum Wêreldwyd se gratis diens in die buiteland gebruik maak en self hul ondernemings op die interaktiewe gids lys. Op dié manier raak hulle deel van hierdie wonderlike netwerkgeleentheid!

Ons fokus hierdie week op ondernemings in die Verenigde State van Amerika wat julle kan ondersteun.

Welkom by Moi-Belle. Ek hoop jy vind ’n stukkie kreatiwiteit hier wat jy graag sal wil dra.

Dit het alles vyf jaar gelede begin as een van my vele kreatiewe uitlaatkleppe in my vrye tyd. Ek het egter vinnig besef dat klei eindelose moontlikhede het. Al hierdie skeppings word hier in die Verenigde State met die hand gemaak – met baie liefde en aandag aan detail. Ek is so geseënd om dit met jou te deel. Lees meer.

Om pasgebore babas te kan afneem is die ongelooflikste werk. Dit vervul my op soveel vlakke! Die proses om ’n pasgebore baba af te neem, is soveel meer as bloot ’n finale produk. Elke foto word geskep om emosie te ontlok; om die kosbaarheid van die lewe te beklemtoon; om die kwesbaarheid en onskuld van ’n pasgebore baba vas te vang. Lees meer.

Lekker Eats is gebore uit my droom om die passie, leefstyl en ondervinding wat ek as sjef in Suid-Afrika en op seiljagte met kos opgedoen het byeen te bring waar my wortels lê: Myrtle Beach. My gesin is daar, my liefste vriende en, natuurlik, die strand! Lekker Eats is meer as bloot kos. Dit gaan oor die liefde vir en die avontuur agter die bestanddele, en ek hoop om hierdie heerlike kosse met jou te deel!
Lees meer.

Heinco Plumbing Services is ’n plaaslike, klein sakeonderneming wat die Richmond (Virginia) en die omliggende gebiede bedien. Hein Botha, die eienaar en stigter, is ’n meesterloodgieter met meer as 20 jaar se ondervinding in die veld. Hein se passie vir wateroordrag en -wegleiding het op ’n jong ouderdom begin omdat hy op ’n plaas in Suid-Afrika groot geword het. Lees meer.

Nova Home Lovers is geleë in Virginia, VSA en is jou plaaslike en wêreldwye eiendomsagent en verhuisingshulpbron. Wanda Voight is ’n internasionale eiendomspesialis en hervestigingskenner wat al die stap-vir-stap-leiding kan gee wat jy benodig om jou suksesvol in enige plek in die wêreld te hervestig. Nova Home Lovers beskik oor ’n ongelooflike span hervestigingspesialiste wat ononderbroke werk om te verseker dat jy en jou gesin ’n sagte, gladde landing het! Lees meer.

By True Vets besef ons dat jou troeteldiere deel is van jou gesin, en daarom het ons met sorg ’n veeartsenykundige praktyk op die been gebring waar ons hul individuele behoeftes en welstand in ag neem. Ons kliniek is volgens ons spesifikasies gebou om ons in staat te stel om omvattende dienste te lewer, insluitend ondersoeke, tandheelkundige behandeling, chirurgie, diagnostiese beeldgenerering en in-huis laboratoriumdiagnostiek. Ons het gehaltetoerusting aangekoop om uitsonderlike sorg te lewer. Ons is trots daarop om vir jou en jou troeteldiere ware empatie, ware gehalte, en ware sorg te bied.
Lees meer.

Deel jou gunstelingonderneming in die Verenigde State van Amerika met ons. Ons wil weet wie jy ondersteun in Amerika. Merk (“tag”) hulle in die kommentaar – ons lys graag die ondernemings GRATIS op ons Wêreldgids.

Watter land moet in ons volgende Wêreldgids in fokus wees?

Deel op

Nuutste artikels