Onderneming in die kollig: Brookfield Maze

23/07/2024
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Onderneming in die kollig: Brookfield Maze

Hierdie week se kollig is op Brookfield Maze in Victoria, Australië. Brookfield Maze is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Op dié manier raak hulle deel van hierdie wonderlike netwerkgeleentheid.

Lees meer oor Brookfield Maze

Beweeg deur ons tradisionele heiningdoolhof, speel wegkruipertjie in ons groot tuine en raak betrokke by prettige gesinspeletjies voordat jy na die restaurant gaan vir middagete. Kom vir die dag of bly selfs vir die naweek om te ontspan in ons plattelandse oase.

Op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids word jy nie net deel van ’n sakenetwerk nie, maar dit is ook ’n waardevolle manier om ’n ondersteuningsbasis te bou vir daardie dae wanneer die verlange te veel raak en almal net te ver weg is.

Help jou onderneming om te groei, gebruik hierdie skakel en maak seker jou onderneming word gelys op Wêreldwyd se Wêreldgids.


Ons wil graag hoor waar jy koop, met wie jy praat en hoe jou netwerk in die buiteland lyk. Laat weet ons by wereldwyd@afriforum.co.za.

Kontak Brookfield Maze

Klik hier om Brookfield Maze se webtuiste te besoek.

Klik hier vir Brookfield Maze op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids.

Lees ook: Onderneming in die kollig: Lions Creek Moose Jaw

Deel op

Nuutste artikels