Bereik nuwe hoogtes in jou loopbaan met Solidariteit

03/06/2024
| Deur AfriForum Wêreldwyd
vitaly-gariev-VLX1Xf2d8Gs-unsplash-scaled

Deur Marné Pienaar

In ’n land waar rassekwotas bo meriete werkgewers se aanstellingsproses bepaal, soek Afrikaners na ander oplossings om te kan werk.

Solidariteit se eenstop- werk- en leerplatform bied aan werksoekers die geleentheid om vir werk aansoek te doen sonder dat enige velkleurbeperkings ʼn rol speel.

Sewe maande ná die bekendstelling van Solidariteit se platform spog Solidariteit reeds met meer as 45 000 gebruikers wat voordeel trek uit hierdie revolusionêre platform. Wat bied Solidariteit wat ander werksoekplatforms nie bied nie?

1. ’n Gelyke kans vir elkeen

Jou velkleur is een van die grootste bepalers van jou sukses in Suid-Afrika, maar dit hoef nie die geval te wees nie. By Solidariteit is jou ervaring en opleiding die bepalende faktor wanneer dit kom by jou volgende aanstelling. Jy kan dus uitblink gebaseer op dít wat jy na die tafel toe bring en jy word nie outomaties laaste in ry van aansoekers geplaas nie.

2. ’n Eenvoudige aansoekproses

Om aansoek te doen vir werk was nog nooit so maklik nie!

Op Solidariteit kan jy met een klik aansoek doen vir jou droomwerk. Daar is twee metodes: Die eerste is om jou bestaande CV in PDF-formaat op die platform onder jou “profiel” te laai en om dan met daardie dokument vir poste aansoek te doen. Die tweede metode is om jou profiel uit te bou en eenvoudig met jou profiel op die posplasing aansoek te doen.

Enige iemand kan dit doen!

3. CV-bouer

Die CV-bouer stel jou in staat om al jou opleiding, kennis, vaardighede, vorige ervaring en ander relevante inligting netjies uiteen te sit. Sodra jy daarmee klaar is, laai jy net die CV met die druk van een knoppie af.

Hoe werk dit?

Stap 1 is om jou gratis profiel te skep. Doen dit hier.

Volg die stappe, vul jou inligting in en kies ’n professionele profielfoto.

Vul al die nodige inligting onder “Profiel” in en klik heel onder op “Stoor profiel as PDF.”

4. Geleenthede wat jy kan vertrou

Solidariteit se werkfasiliteringsplatform bied ’n veilige werksoekportaal aan werksoekers, waar hulle die geleenthede wat daarop verskyn kan vertrou en swendelaars (“scammers”) uitgeskakel word. Jy kan met ’n geruste hart aansoek doen vir die beskikbare poste in die wete dat die werk waarvoor jy aansoek doen werklik bestaan en nie sommer net ’n slenter is nie.

By Solidariteit skep ons werksgeleenthede vanuit die gemeenskap vir die gemeenskap.

5. Eenstop- werk- en leerplatform

Jou Solidariteit-profiel sal jou in elke fase van jou loopbaan ondersteun. Solidariteit-lede kan by hul beroepsnetwerke aansluit waar lede relevante en insiggewende inligting oor en binne hul beroep met mekaar deel. Jy kan binne die beroepsnetwerk met ander in jou beroep netwerk. Jy kan toegang kry tot beroepspesifieke mentorskappe, aansoek doen vir internskappe en selfs skaduwerk doen. Jy kan bande bou met kundiges en kollegas in jou beroep om so die geleentheid te benut om jou volle potensiaal te bereik.

Solidariteit bied ook meer as 70 e-leerkursusse wat jou na die volgende vlak in jou beroepslewe kan voer. Leer om jou tyd effektief te bestuur, jou Outlook-produktiwiteit te verhoog, of doen selfs kursusse om jou Microsoft Word-, Excel– en PowerPoint-vaardighede op te skerp.

Waarvoor wag jy?

Breek nuwe loopbaangeleenthede oop en skep vandag nog jou profiel.


Lees ook: Terugkeer na Suid-Afrika: Gebruik Werknet om ’n werk te vind

Foto: Vitaly Gariev/ Unsplash

Deel op

Hoe lank woon jy al in die buiteland?
Naam en van
Hidden
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels