Onderneming in die Kollig: Braai Amsterdam

25/03/2024
| Deur AfriForum Wêreldwyd
25550522_2060502010848244_4974536119085556602_n

Hierdie week se kollig is op Braai Amsterdam in Nederland. Braai Amsterdam is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Op dié manier raak hulle deel van hierdie wonderlike netwerkgeleentheid.

Lees meer oor Braai Amsterdam

In Suid-Afrika ken mense braai as ’n sosiale kuier waar kos oor ’n oop vuur voorberei word. In Amsterdam is braai ’n geleentheid om mekaar te ontmoet, te gesels en die goeie dinge in die lewe te geniet.

Die eerste mense wat in Suidelike Afrika gewoon het, het lank gelede per ongeluk rou vleis in die vuur laat val en agtergekom dat hierdie vleis baie makliker is om te kou. Kenners sê dit was die begin van die braai wat ons vandag ken.

Baie jare later het die braai ’n sentrale plek in die gemeenskap gehad waar die kos deur een persoon oor ’n oop vuur voorberei is. In plaas daarvan om kos in hul eie huis of hut voor te berei, het mense langs ’n vuur bymekaargekom en gesels en stories vertel.

Deesdae is ’n braai ’n sosiale samekoms waar kos oor ’n oop vuur voorberei word. Vriende en gaste is meer as welkom en die meeste mense bring iets saam om te eet. Die belangrikste beginsels van lank gelede geld egter wel steeds: saam kuier om die vuur, gesels en stories vertel. As jy eenmaal ’n regte braai ervaar het sal jy dit nooit vergeet nie.

Op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids word jy nie net deel van ’n sakenetwerk nie, maar dit is ook ’n waardevolle manier om ’n ondersteuningsbasis te bou vir daardie dae wanneer die verlange te veel raak en almal net te ver weg is.

Help jou onderneming om te groei, gebruik hierdie skakel en maak seker jou onderneming word gelys op Wêreldwyd se Wêreldgids.


Ons wil graag hoor waar jy koop, met wie jy praat en hoe jou netwerk in die buiteland lyk. Laat weet ons by wereldwyd@afriforum.co.za.

Kontak Braai Amsterdam

Klik hier om Braai Amsterdam se webtuiste te besoek.

Klik hier vir Braai Amsterdam op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids.

Lees ook: Onderneming in die Kollig: Wolkskool

Deel op

Hoe hou jy Afrikaans taalvaardighede vir jouself en/of kinders lewendig?
Naam en van
Hidden
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels