Afrikanerstigting en AfriForum vertrek op steunwerwingstoer na die VSA

05/07/2024
| Deur AfriForum Wêreldwyd
449823523_899524948866841_2220564878861824098_n

Verteenwoordigers van die nuutgestigte Afrikanerstigting en AfriForum vertrek vandag na die Verenigde State om aan verskeie geleenthede deel te neem en bewusmaking van die situasie in Suid-Afrika te skep, asook hoe mense in die buiteland ʼn ondersteunende rol kan speel om ʼn toekoms vir die Afrikaner-gemeenskap aan die suidpunt van Afrika te verseker. Dr. Ernst Roets, beleidshoof van die Solidariteit Beweging en uitvoerende direkteur van die Afrikanerstigting, sal op hierdie toer vergesel word deur Ernst van Zyl, AfriForum se hoof van openbare betrekkinge.

Roets en Van Zyl sal tydens hierdie toer by verskeie geleenthede as sprekers optree, insluitende by die National Conservatism Conference (NatCon 4) in Washington DC en ʼn geleentheid in New York om die Afrikanerstigting bekend te stel. NatCon is een van die grootste politieke konferensies ter wêreld.

Die Afrikanerstigting is ʼn instelling wat deel is van die Solidariteit Beweging in Suid-Afrika en het ten doel om internasionale samewerking moontlik te maak en steun vir Afrikaners te werf. Die stigting wil ook Afrikaners se regmatige plek in die internasionale gemeenskap inneem en ʼn bydrae tot die internasionale gemeenskap lewer met ʼn besondere fokus op die behoud van Westerse tradisie onder Afrikaners en Westerlinge in Suid-Afrika. Die Solidariteit Beweging is ʼn netwerk van instellings wat daarop ingestel is om ʼn veilige, vrye en voorspoedige toekoms vir Afrikaners aan die suidpunt van Afrika te verseker. Die aktiwiteite van die Afrikanerstigting is daarop gerig om tasbare uitkomste buite Suid-Afrika te bereik, wat die ondertekening en implementering van samewerkingsooreenkomste, die beïnvloeding van beleid ten opsigte van Suid-Afrika en fondsinsameling vir die aktiwiteite van die Solidariteit Beweging in Suid-Afrika insluit. Die burgerregte-organisasie AfriForum, deel van die Solidariteit Beweging, fokus veral op gedesentraliseerde, gemeenskapsgebaseerde oplossings.

Roets en Van Zyl sal deurlopend op sosiale media terugvoer gee oor hul vordering in die Verenigde State.

Foto: Dr. Ernst Roets is die uitvoerende direkteur van die Afrikanerstigting. (Foto: Reint Dykema)

Deel op

Watter taal praat jy by die huis?
Naam en van
Hidden
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels