Julie se leesgenot vir die jongspan

10/07/2024
| Deur AfriForum Wêreldwyd
getty-images-1fsDWm3jsec-unsplash-scaled

Hiermee die nuutste leesgenot vir die jongspan:

Die goorste week ooit: Donderdag

Het jy al ooit ’n goor week gehad? Justin Chase het! Maandag was mal, Dinsdag was dol, Woensdag was woes, en nou is dit . . . Donderdag.

Justin is steeds teen sy sin ’n internetsensasie en mense van oor die wêreld vergaap hulle aan al sy vernederendste oomblikke. Verder word hy met iemand anders verwar en boonop ontvoer en afgepers. Ons arme held gaan tot die uiterste beproef word! Vind meer uit.

Geheim in die riete

‘n Karavaanpark klink dalk na ‘n idilliese plek om te woon, maar Kruhan Malherbe dink nie so nie. Die plek is vol eienaardige mense en daar’s geen vriende nie. Een nag volg Kruhan twee otters tot anderkant die riete, na waar ‘n vriendelike seun op ‘n vlot sit en braai. Timma is die vriend waarop Kruhan gewag het! Terug in die karavaanpark hoor hy stories van mense wat verdwyn het: die eienaar se kleindogter, en ses jaar vantevore, ’n elfjarige seun. Kan Timma help om die raaisels op te klaar? Vind meer uit.

Harry Potter en die Beker Vol Vuur- Harry Potter 4 (2024 ed)

“Daar is drie take wat oor die skooljaar sal plaasvind en wat die kampioene op verskillende maniere sal toets . . . hul towervaardighede – hul durf – hul vermoë om afleidings te maak –
en, natuurlik, hul vermoë om gevaar te hanteer.”

Die Drietowenaarstoernooi vind by Hogwarts plaas. Slegs towenaars wat ouer as sewentien is, mag inskryf – dit keer Harry egter nie om te droom dat hy die kompetisie eendag sal wen nie. Maar toe die Beker Vol Vuur op Allerheiligeaand die kampioene aanwys, is Harry verstom om te ontdek sy naam is een van dié wat uitgesoek word. Hy moet lewensgevaarlike take uitvoer en drake en Donker towenaars trotseer. . . Maar met sy beste vriende Ron en Hermione aan sy kant, mag hy dit dalk net oorleef . . . Vind meer uit.

Meerkatreeks: Graad 1 Boek 2 AFR HT

Die meerkatreeks bevat opwindende en kontemporêre stories vir Afrikaans Huistaal in die Grondslagfase. Hierdie klasleesboek is so saamgestel dat al die leeserder in die klas saam kan lees, begelei deur die opvoeder.
Die reeks bied ook ‘n volledige handleiding aan die opvoeder oor die soorte lees, hoe om ‘n leesles aan te bied, leesspeletjies en taal- en praataktiwiteite. ‘n Handleiding by elke boek is gratis aanlyn beskikbaar by bestbooks.co.za. Vind meer uit.

Meerkatreeks: Graad 2 Boek 2 AFR HT

Meerkatreeks: Graad 3 Boek 2 AFR HT

Storierak

Volg ons op sosiale media

Storierak is ’n blad met oulike Afrikaanse kinderboeke deur NB-Uitgewers.

Facebook: Storierak | Facebook

Instagram: Storierak (@storierak_) | Instagram

Boeke beskikbaar as e-boeke is beskikbaar by die volgende e-boekwinkels:

Amazon

Kobo Books

Snapplify

Foto: Getty Images/ Unsplash

Deel op

Hoe hou jy Afrikaans taalvaardighede vir jouself en/of kinders lewendig?
Naam en van
Hidden
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels