Leë blikkies vol liefde en ander verhale

17/07/2023
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Lee-blikkies-vol-liefde

Deur Fiona Van Kerwel

’n Eerste Addisionele Taal Kortverhaalbundel vir die Senior Fase

‘n Splinternuwe bundel kortverhale vir leerders in Gr 7-9! Daar is ‘n verskeidenheid temas en die skrywers is gevestigde sowel as nuwer stemme. Onder andere is daar werk van Jeremy Veary, Jan van Tonder, Carina Stander, Diana Ferrus, EKM Dido, Derick van der Walt en Elrien Scheepers opgeneem. Daar is ‘n kort biografie van elke skrywer, met ‘n foto. Die aanslag is perfek vir klasgebruik met woordelyste, ‘n kort opsomming van elke verhaal asook vrae en aktiwiteite na afloop van die lees. ‘n Memorandum sal na publikasie by www.nb.co.za afgelaai kan word.

Oor die skrywer
Fiona van Kerwel is die projekbestuurder van die Woorde Open Wêrelde-projek, ’n taalgerigte projek van gemeenskapsinteraksie, aan die Universiteit Stellenbosch. Sy is ’n oudlaerskoolonderwyseres en is passievol oor die ontwikkeling van lees, geletterdheid en die kunste, met Afrikaans as fokustaal.


Digitale-uitgawes
Publikasiedatum: 28 Julie 2023
Prys: R200,00
Epub ISBN: 9781776073160


Publikasiedatum: 28 Julie 2023
Prys: R200,00
Bladsye: 176
Formaat: 234mm x 152mm
Bindstyl: Sagteband
Kategorie: 14+ jaar
ISBN-13: 9781776073153
Uitgawe: 1
Druk: 0

*Prys onderhewig aan verandering

Deel op

Watter taal praat jy by die huis?
Naam en van
Hidden
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels