Wêreldgids in fokus: Nederland

08/02/2023
| Deur AfriForum Wêreldwyd
326187264_538184028099859_2289895348406153771_n

AfriForum Wêreldwyd maak die wêreld bietjie kleiner en jou netwerk groter. Ondernemings van alle uithoeke van die aarde is te vinde op die Wêreldgids. Hier kan jy dokters, prokureurs, finansiële adviseurs en selfs haarkappers ontmoet wat hulle dienste in Afrikaans lewer. Voel tuis in jou eie taal in die buiteland.

Word deel van hierdie wonderlike netwerkgeleentheid wat ook ’n waardevolle manier is om ’n ondersteuningsbasis op te bou vir daardie dae wanneer die verlange te veel raak en almal net te ver weg is.

Ons fokus hierdie week op ondernemings in Nederland wat julle kan ondersteun.

Derika de Villiers Kliniese Sielkundige

Amsterdam-gebaseerde kliniese sielkundige wêreldwyd beskikbaar. Lees meer

Oh-Lief Natuurlike Produkte – Nederland

100% natuurlike en organiese lyfprodukte – handgemaak met liefde. Lees meer

Jack Rabbit Chocolate Studio

Jack Rabbit Chocolate is ’n klein maar smaakvolle nageregwinkel met individueel gemaakte produkte geleë in Amsterdam, Nederland en Pretoria, Suid-Afrika. Lees meer

Little Star Fitness

Little Star Fitness verskaf ’n prettige program vir innoverende sport, sirkus en dans spesifiek ontwerp vir kinders tussen die ouderdomme twee en twaalf. Lees meer

Uit-&-Tuis

Uit-&-Tuis is ’n Suid-Afrikaanse winkel met gebakte goedere in die hart van Eindhoven. Hier kan jy beslis die mees nostalgiese luukse gebak en lekkernye vind, geïnspireer deur ouma se kombuis. Lees meer


Weet jy van nog ondernemings in Nederland wat ’n puik diens of produk kan lewer?

Laat weet ons by wereldwyd@afriforum.co.za en lys die onderneming hier.

Deel op

Nuutste artikels