Onderneming in die Kollig: Anne-Michelle Jewellery

23/02/2021
| Deur AfriForum Wêreldwyd
126330005_3689728774425644_132137859061771105_o-1

Wêreldwyd se Wêreldgids het ’n suksesvolle netwerk geskep om Suid-Afrikaners in die buiteland met mekaar in aanraking te bring. Ondersteun ondernemings in jou area wat deur Suid-Afrikaners besit word. Wêreldwyd kies elke week een onderneming uit die Wêreldgids om in die Kollig te verskyn. Hierdie week se onderneming in die kollig is Anne-Michelle Jewellery.

Anne-Michelle Jewellery is in die Verenigde Koninkryk geleë.

Anne-Michelle het haar loopbaan as ’n juweliersontwerper in Kaapstad, Suid-Afrika begin as ’n student by die Ruth Prowse School of Art. Sy het haarself plaaslik as ’n juweliersontwerper gevestig in 2007 met die bekendstelling van haar handelsmerk “Antique Fusion Jewellery” en het bekend geword vir haar antiek geïnspireerde ontwerpe met spesiale fokus op maatstukke.

Met meer as 12 jaar ondervinding en tans woonagtig in die Verenigde Koninkryk, bestuur sy haar tuisateljee in die Cotswolds en kry sy inspirasie uit die oorvloedige natuurskoon wat haar omring.

Handwerk en ’n liefde vir fyn detail bly ’n baie belangrike tema deur haar juweliersreekse van sterlingsilwer en goud.

Kontak Anne-Michelle Jewellery:

Klik hier om hul Facebook-blad te besoek.

Klik hier om hul op Wêrelwyd se Wêreldgids te besoek

E-pos: info@anne-michelle.co.uk

Sel: +44 079 4351 2220

Besit jy ’n onderneming oorsee? Lys jou onderneming gerus op Wêreldwyd se Wêreldgids.

Deel op

Hoe lank woon jy al in die buiteland?
Naam en van
Hidden
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels