Maklike Peppermint Crisp tert

21/03/2021
| Deur AfriForum Wêreldwyd
unnamed

As jy in ’n land bly waar jy nie toegang het tot Suid-Afrikaanse produkte nie, slaan jou eie nagereg aanmekaar!

Bestandele

  • 1 blik karamel kondensmelk
  • 250ml dik room (styf geklop)
  • 1 pakkie Tennis beskuitjies
  • 2 blokke pepperment sjokolade van jou keuse (fyn gedruk)

Volg dan die volgende stappe:

  1. Klop room styf
  2. Voeg karamel by en meng goed deur
  3. Plaas ‘n laag tennis beskuitjies, met die roommengsel en dan die fyngedrukte pepperment sjokolade in ‘n bak van sowat 30cm x 20cm.
  4. Eindig met die sjokolade krummels bo-oor.
  5. Sit in die yskas (verkieslik oornag).

 

Deel op

"*" indicates required fields

This field is for validation purposes and should be left unchanged.
Watter taal praat jy by die huis?
Naam en van
This field is hidden when viewing the form

Nuutste artikels