Wêreldwyd se Wêreldgids het ’n suksesvolle netwerk geskep om Suid-Afrikaners in die buiteland met mekaar in aanraking te bring sodat jy Suid-Afrikaanse ondernemings in jou omgewing kan ondersteun. Wêreldwyd kies elke week een onderneming uit die Wêreldgids om in die Kollig te verskyn. Vandeesweek se onderneming in die kollig is Vetkop.
Vetkop is ’n handelsmerk wat in Ierland gebaseer is en ontwerp word. Dit is die geesteskind van Gideon Hill, ’n Suid-Afrikaanse ontwerper wat sedert 2016 in Ierland woon. Vetkop is geïnspireer deur Suid-Afrikaanse straatmodes en gaan oor individualiteit. Ontwerpe verander voortdurend, so as jy ’n produk koop, kan jy seker wees dat jy een van slegs ’n paar met daardie spesifieke ontwerp is.
[naamwoord] [vetkop]
Suid-Afrikaanse sleng vir iemand met ’n lekker groot, ronde, vet kop. My handelsnaam vereer almal wat ’n “vet kop” het en trots is daarop. Vetkop is nie net ’n naam nie; dit is ’n standpunt!
Kontak Vetkop:
Telefoon: +353 85 274 2286
E-pos: info@vetkop.com
Klik hier om Vetkop op Facebook te besoek.
Klik hier om Vetkop op Wêreldwyd se Wêreldgids te vind.