Kreatiewe kos idess deel ‘n basiese resep vir ENIGE souttert – en dan kan jy net die byvoegsels doen met ENIGE vleis wat jy wil gebruik:
BESTANDDELE:
4 eiers
2 koppies gerasperde kaas
1 ui gekap
1 eetl pietersielie (vars) (of 2 tl gedroog)
2 eetl meel
1 tl mosterdpoeier (jy kan ook jou klaar aangemaakte mosterd gebruik)
Sout en peper
300ml melk
VOEG NOU BY:
2 koppies vleis
Hier kan jy dit opmaak met ENIGE VLEIS – bv boeliebeef, spek, ham blokkies, viennas gesnipper, enige koue vleis wat jy in blokkies gesny het, gevolkte hoender, polonie, gevlokte vis bv hake,
Jy kan ook gekapte 3 kleure rissies of sampioene byvoeg. Dit kan ongeveer so halwe koppie wees.
Meng melk en eiers
Meng al die ander bestandele saam. Gooi die melk en eier mengsel by die vleismengsel. Roer liggies deur. Gooi in gespuite oondbak.
Sprinkel bietjie rooipeper of paprika bo-oor
Bak vir 30/40 min by 180 grade C of tot gestol en goudbruin.
Klik hier vir meer resepte by Kreatiewe kos idees.