Onderneming in die Kollig: To South Africa with love

05/02/2020
| Deur AfriForum Wêreldwyd
76695233_2609083132471489_5532364721350508544_n

Wêreldwyd se Wêreldgids maak die lewe vir Suid-Afrikaners in die buiteland makliker. Teen die tyd weet ons lesers al van amper alles wat die gids bied en oor ons ondernemings in die Kollig. Hierdie week se onderneming in die Kollig is egter besonder spesiaal, To South Africa with love.

Om ‘n omgee pakkie uit die buiteland na Suid-Afrika te stuur is nie altyd so maklik nie. Jy weet nooit of die pakkie sy bestemming gaan bereik nie, lekkernye kon dalk al hul vervaldatum bereik het teen die tyd wat dit by die ontvanger aankom en dit is boonop ‘n duur storie ook nog. Bianca van To South Africa with love bied ‘n unieke diens sodat jy vanuit die buiteland steeds jou geliefdes kan bederf.

Die proses is maklik. Al wat jy hoef te doen is om Bianca se webtuiste te besoek, die geskenke te kies wat jy wil stuur, tik die adres in Gauteng in, betaal en siedaar! Jou spesiale bederfpakkie is op pad na jou geliefde in Suid-Afrika. Bianca lewer dié pakkies persoonlik af om seker te maak dat dit veilig by die eindbestemming aankom.

*Die diens is tans slegs in Gauteng beskikbaar.

Besoek To South Africa with Love se Facebookblad hier

Besoek To South Africa with Love se profiel op die Wêreldgids hier

Lys jou onderneming hier

Deel op

Hoe hou jy Afrikaans taalvaardighede vir jouself en/of kinders lewendig?
Naam en van
Hidden
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels